Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Balluislang kan sy stertjie vir jou waai
Marga Ley Dit gaan soms diereliefhebbers van warmbloedige, slim, lieftallige diere se verstand te bowe dat iemand dieselfde liefde vir ’n koudbloedige, stokdom dier kan voel, wat jou boonop sal byt as hy die kans kry. Maar die troeteldiermark vir slange en spesifiek balluislange is groooot en vól liefde. En inderdaad, die slange is fassinerend en pragtig, het ek self gevind tydens die onlangse reptielekspo van die Transvaalse herpetologiese vereniging. So mooi dat ek sowaar amper met ’n Meksikaanse melkslangetjie huis toe is – daar’s glo net enkeles in die natuur oor, maar in gevangeneskap teel hulle soos konyne! Mnr. Arno Naudé, voorsitter van die vereniging, vertel daar is baie slange “wat oulik is”. Hy erken hulle is “so dom soos grond” en “het hul eie idees en instink”, maar reken tog hulle kan sekere dinge leer – byvoorbeeld om dooie kos te eet. Heidi Pfeifer is mal oor slange. “Die hoogtepunt om ’n slang aan te hou is wanneer die babatjies uitbroei. Hulle maak eers ’n gaatjie in die eier waardeur net hul koppie steek. Dan haal hulle eers asem. Dis die mees amazing, pragtigste, oulikste ding!” Sy lag vir my vraag oor hoe ’n mens lief kan wees vir ’n ding wat nie liefde kan teruggee nie. Haar antwoord is eenvoudig: “Jy kan.” Mnr. Con Prinsloo, wat balluislange teel, sê hy het een wat sy stert waai as hy aankom met kos. Om ’n balluislang aan te hou verg heelwat moeite, veral met die hok. Net sekere materiaal mag die vloer bedek – saagsels kan byvoorbeel in sy keel beland en asemhalingsprobleme veroorsaak. Dan moet hy ’n wegkruipboks hê wat net groot genoeg moet wees vir sy hele lyf – nie groter of kleiner nie. Die temperatuur in sy hok moet konstant so 27 tot 29 °C wees, met ’n spesiale warm kol waar dit 32,5 grade moet wees. Snags mag dit nie kouer as 23 tot 24 °C wees nie en die spesiale warm kol minstens 27 °C. Die temperatuur is belangrik, want ander sal dit te koud wees vir die slang om sy kos te verteer, of te warm en hy sal vrek. Hy moet ook ’n gebied hê met hoë humiditeit – byvoorbeeld ’n waterbak waarin hy van kop tot stert kan opkrul. Dit moet skoon water wees. Jou balluislang sal ’n muis van gemiddelde grootte ’n week eet. Babaluislangetjie verkies lewendige babamuisies. Volgende week: Chihuahua’s
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|