Peetkinders
Huise is nie jaloers nie. Huise is lankmoedig en vriendelik, word nie verbitterd nie en reken die kwaad nie toe nie.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Plat gesiggie en liewe hart
    Apr 25 2008 03:34:54:393PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die koningin in die huishouding van die De Beer-gesin van Germiston. Hulle skryf: "Cimmy, ons vier maande oue Persiese kat, is die punt van ons harte en sy weet sy is 'n queen!"

    Marga Ley

    Plat gesiggies en lang dik hare is die tipiese eienskappe van ’n opregte Persiese kat.

    Dit is deesdae redelik algemeen dat van die katte se gesiggies en neusies só plat is dat ’n mens hulle kan hoor asemhaal – iets wat nie so behoort te wees nie en wat telers nou probeer wegteel. Sommige lande teel nou wat hulle noem ’n “popgesig”- Persiese kat.

    “Persiese katte moet gereeld gebad word en moet elke dag geborsel word,” sê me. Rentia Ferns van die kattelery Mysticats naby Despatch.

    “Die katte se hare is lank en dig en as dit eers koeke gemaak het, is al uitweg om die kat te laat skeer, want erg gekoekte hare kan nie uitgeborsel word nie.

    “Sommige mense skeer gerieflikheidshalwe hul katte, maar deur hulle daagliks te borsel, behoort dit nie nodig te wees nie. Die katte kry nie onbehoorlik warm in die somer nie omdat hulle aanpas. Dit is dus nie nodig om hul te skeer omdat jy bang is hulle kry warm nie.”

    Verwaarloosde koeke draai al hoe stywer en in erge gevalle draai die kat se vel later in die koeke in en vorm dit sere.

    Gewone verwaarlosing wat lei tot koeke kan reeds die kat laat seerkry. Sulke katte wil later nie meer aangeraak word nie.

    Ferns sê omdat die katte se gesiggies so plat is, word die oë maklik geïrriteer deur selfs byvoorbeeld wind. “ ’n Steriele soutwatermengsel wat jy by die apteek koop moet gebruik word om hul gesiggies gereeld te was.”

    Die neusies is soms ook maar loperig en Persiese kat-eienaars is gewoond dat daar soms water uit die neusies op hulle spat.

    Dan het Persiese katte ook spesiale kos nodig en sommige vervaardigers dui sit spesifiek so aan. Dit is omdat hulle spesiale olies vir die vel en die lang hare nodig het, en ook omdat hulle soms met hul plat bekkies sukkel om kos op te tel om te eet. Daarom is van die kos só gemaak dat ’n baie plat bekkie dit ook kan bykom, of dat die kos met die tong die bekkie “ingeskiet” kan word.

    Die katte is swaar omdat hulle baie spiere het, en nie omdat hulle ’n vet soort kat is nie. Rou steak, maalvleis of beeshart is goed vir spierbou, sê Ferns. Sy keur toekomstige eienaars van haar katjies baie goed tydens ’n onderhoud en dring daarop aan dat eienaars wat nie wil teel nie, die diere laat steriliseer op ses maande.

    Mense met terriers en ’n horde ander katte gaan ook nie haar eienaartoets maklik slaag nie.

    ’n Persiese kat is ’n rustige binnenshuise dier wat liefdevol is, sê Ferns.

    Bykomende bron: http://cats.suite101.co./article.cfm/persian_cats

    Volgende week: Maine Coon. Stuur foto’s en video’s na troeteldier@beeld.com en kyk ook daarna op beeld.com. Moenie in zip-formaat stuur nie omdat Beeld se stelsel dit weens virusse nie aanvaar nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |