Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Regstellende Harry
Die bekroonde sanger-akteur en teatervervaardiger Harry Sideropoulos tree eersdaags in ’n solostuk in die Johannesburgse Stadskouburg op. Hy het sy kragte gesnoer met Creativentertainment™, vervaardiger van die Suid-Afrikaanse première van The Full Monty – The Broadway Musical, om die komedie Happy Shabalala – The Artist Formerly Known as Harry Sideropoulos op die planke te bring. Dit word van 25 Junie tot 13 Julie in die Tesson-teater in die Johannesburgse Stadskouburg aangebied. Sideropoulos, geïnspireer deur sy pogings om daagliks in die “nie altyd sonnige Suid-Afrika nie” te oorleef, het ’n handvol karakters en ervarings geskep wat elke Suid-Afrikaner – ongeag ras of agtergrond – sal laat skater. Sideropoulos het in die komedie No Sugar, Canderel Please!, Big Band Blast en Songs from the Mediterranean opgetree en het verlede jaar ’n Naledi-prys gewen vir sy optrede in die musiekspel Hairspray. “Net ’n klein dosis van dié vertoning en jy sal nooit weer na iets hoef te soek om jou te kalmeer nie – nooit nie!” Dié komedievertoning neem die gehoor op ’n reis van sosiale en politieke nie-korrektheid. Die ontwortelde hooffiguur, Harry Sideropoulos, verander sy verhoognaam na Happy Shabalala weens regstellende aksie om sy loopbaan ’n hupstoot te gee en ’n plek in die son te vind. In dié wanfunksionele wêreld van beurtkrag, korrupsie in die regering, straatsmous-verkeer, swak kletsprogramaanbieders op TV, laatnag- sagte pornografie, regstellende aksie, woonbuurt-padversperring, kaartboeke wat net drie maande geldig is, Gautrein-padwerke, die Wêreldbekersokker-chaos, ’n gewag op Telkom, ooievaarstees, verslankingsprogramme, ouers met ’n skuldgevoel, selfsugtige bruide, owerspelige getroude mans, huishulpe wat Idols wil wees, eiendomsagente wat jou naar maak, insleepvoertuigbestuurders, tarotkaartlesers, aanlyn-ontmoetings, Shabbat-aandetes, R&B-musiekvideo’s, bure wat na Phoenix, Arizona emigreer, Amerikaanse toeriste, daardie wit Suid-Afrikaners wat na die “goeie ou dae” terugverlang en sommige swart Suid-Afrikaners wat nie kan ophou om na die “slegte ou dae” te verwys nie, glo Harry Sideropoulos, nou Happy Shabalala, Suid-Afrika is steeds die beste plek om te wees. Happy Shabalala – The Artist Formerly Known as Harry Sideropoulos, word deur Charmaine Weir-Smith, bekroonde regisseur en aktrise, geregisseer. Sideropoulos het dit saam met Strato Copteros en Weir-Smith geskryf. Dit word van 25 Junie tot 13 Julie in die Tesson-teater in die Johannesburgse Stadskouburg in Braamfontein aangebied. Bespreek deur Computicket. Kaartjies kos R150 per persoon.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|