Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Suid-Afrikaner slaan rol los in VSA-sitkom
’n Jong Suid-Afrikaner wat vir twee jaar gaan roem soek het in Londen, het kort voordat sy visum verval het goud raakgeboor met ’n hoofrol in ’n Amerikaanse sitkom. Adhir Kalyan (22), wat in Durban grootgeword het en wie se ma ’n sielkundige en lid van die opposisie in die parlement is, speel die rol van Raja Musharaff, ’n Moslem-uitruilstudent in die VSA, wat in die komedie Aliens in America intrek by ’n ietwat teensinnige gesin in kleindorpse Wisconsin. Die storie is gebou om die humor wat lê in sommige Amerikaners se agterdog en vooroordele jeens Islam, berig die New York Times. Die vervaardigers het lank gesoek na die akteur wat Raja sou speel omdat hulle bang was hy sou ’n karikatuur word. Ná ’n uitgebreide soektog in New York, Los Angeles en Toronto het hulle byna moed opgegee dat hulle enigsins die regte akteur sou kry toe ’n lae-resolusie video-oudisie uit Londen na hulle ge-e-pos is, skryf dié koerant. Die video was van Kalyan, ’n Suid-Afrikaner van Indiese afkoms wat klein rolletjies in reekse soos Spooks gespeel het. Die vervaardigers het onmiddellik Kalyan se potensiaal raakgesien. “Daar was iets omtrent hom. Hy het baie wys vir sy jare voorgekom, wat ’n belangrike komponent vir die karakter is,” het David Guarascio, een van die vervaardigers aan die NYT gesê. Die reeks was tydens sy vertoning in die VSA op baie resensente se “moet-sien”-lysies. Kalyan, wat nie self ’n Moslem is nie, klink baie sober oor sy rol. “Ek het besef ek het nie net ’n verantwoordelikheid teenoor die karakter nie, maar ook teenoor die Moslem-gemeenskap,” het hy in ’n onderhoud met Joe Rhodes van die NYT gesê. “Dit was belangrik om sekere kernaspekte van sy lewe te verstaan en hom as ’n volledige mens uit te beeld – nie ’n stereotipe nie en ook nie as ’n absolute heilige nie.” Kalyan het volgens Rhodes só goed geslaag dat hy steeds rolverdelingsregisseurs teenkom wat verras is dat hy nie ’n Moslem is nie en nie met ’n Pakistanse aksent praat soos in die reeks nie. “Ek dink hulle stel meer belang om te sien wat ek nog kan doen wanneer hulle besef ek is eintlik ’n Suid-Afrikaner met ’n oorheersend Britse aksent.” Kalyan het in Suid-Afrika sielkunde en internasionale politiek studeer, maar glo nooit getwyfel dat hy akteur wou word nie. Hy het oudisies by dramaskole in Londen afgelê, sowel as by teaterprogramme in Suid-Afrika, maar op 20 besluit om na Londen te verhuis. “Ek het gevoel dat as ek nie Suid-Afrika verlaat nie, ek die gevaar loop om in die doofpot gestop te word. Ek het om my gekyk en Suid-Afrikaners gesien wat ná tien tot 15 jaar in hul loopbane steeds stereotipiese Afrikaanse of Indiër-karakters speel. Dit is nie wat ek vir myself wou hê nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|