Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madame Roxy kom kikker die Laan op
May 07 2008 04:45:00:493PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die veelsydige aktrise Annabel Linder is vanaf einde Junie te sien in 7de laan.

Haar karakter, die eksentrieke madame Roxanne Oblonskaya, mag dalk net vir Hilda die harnas injaag, want die dans van die sewe serpies is nie meer Hilda se alleenbesit nie.

Volgens ’n verklaring wat deur 7de laan uitgereik is, sê Oubaas (gespeel deur Pierre van Pletzen) dat Madam Rôksie voorwaar ’n vrou van sterk inborste is. “En kan sy dans! Nie sommer net gewoonweg skoffel nie. Dis nou veral ná sy ’n knertsie perskebrandewyn in het, dan sien jy net onderrok!”

Oubaas het vir Roxy in die Hillside Times se kleinadvertensies opgespoor om hom te help met die fynere kunsies, soos waar om te vat of te los. Hilda mag dalk net uitvind van Oubaas en Roxy se geheime ontmoetings en dan sal die vraag op almal se lippe wees: “Het hierdie pilaar in die gemeenskap toe al die tyd voete van klei en gaan sy huwelik met Hilda dit oorleef?”

Linder se gunsteling-7de laan-karakters is Hilda en Oubaas. “Dit is vir my ’n groot beloning om aan ’n produksie soos 7de laan te werk,” het sy in die verklaring gesê.

Sy het groot bewondering vir die vervaardiger Danie Odendaal. “Sy invloed op alle aspekte van die sepie is wat bydra tot 7de laan se sukses.”

Linder is al tien keer benoem vir verskeie toekennings vir voortreflikheid as aktrise, en sy het vyf hiervan gewen. Sy is getroud met die musikant/komponis Sam Sklair. Sy beskryf hom, haar dogter Kathy-Jo, seun Gary en haar twee kleinkinders as die vreugde in haar lewe.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |