Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hugo, Thoba in Siebrits-galery
Pieter Hugo is terug in die Warren Siebrits-galery in Johannesburg nadat hy in 2006 sy versameling albino-foto’s hier gewys het. Dié fotograaf, wat verlede jaar Standard Bank se Jong Kunstenaar vir visuele kunste was, verken in sy nuwe werk voorstellings uit die Nigeriese rolprentbedryf – die derde grootste bedryf van sy soort ter wêreld. Tussen 500 en 1 000 prente kom jaarliks uit dié stal. Nollywood, Hugo se uitstalling, word vertoon saam met onlangse werke (agt skilderye) van Alfred Thoba, Making War to the World about Images of God. Op sy reise deur Wes-Afrika is Hugo geprikkel deur dié volgehoue rolprentproduksie ongeag beperkte begrotings. Sy eerste pogings om óp die rolprentstelle te skiet was nie wat hy in gedagte gehad het nie, en hy het besluit om ’n span van sowat 40 akteurs en assistente in te span om die stereotipiese mites en simbole wat so eie is aan Nollywood-produksies in ’n ander omgewing te dokumenteer. Die resultaat is ’n reeks werke wat surreël voorkom – dit kon eweneens ’n toneel op ’n rolprentstel gewees het. Aan die ander kant is sy foto’s ingebed in die plaaslike simboliek. Die grense tussen dokumentêr en fiksie vervaag mettertyd. Hugo en Thoba se uitstallings is tot 25 Junie te sien in die Warren Siebrits-galery in Jan Smutsrylaan, Parkwood, Johannesburg. Navrae: 011 327 0000.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|