Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Pottie Potgieter kies koers
Pottie Potgieter is besig met ’n verkiesingsveldtog en reis vandeesmaand van Centurion tot Sasolburg. Dié karakter uit die solostuk Die uwe, Pottie Potgieter is vandeesweek terug in die opvolg, Wyk 14. Dié komiese vertoning – weer eens uit die pen van die rubriekskrywer Dana Snyman – is nog vanaand en môreaand in die Centurion-teater te sien. Pottie, die werklose Afrikaanse man, sit steeds sonder enige inkomste, maar hy besluit om homself verkiesbaar te stel as ’n onafhanklike kandidaat in die munisipale wyksverkiesing. Frank Opperman vertolk weer eens die rol van Pottie met Nicky Rebelo wat hierdie keer die regie behartig. Opperman is onder meer bekend om sy verhoogrolle in stukke soos 25 vrouens en Meneer de Beer. Die opvoerings in die Centurion-teater begin saans om 20:00. Kaartjies kan deur Computicket bespreek word. Op Vrydag en Saterdag 22 en 23 Mei is Opperman met Wyk 14 in die Et- tienne Rousseau-teater in Sasolburg. Dit begin om 19:30 en kaartjies kan deur Marietta bespreek word by 082 354 4422. Op Sondag 24 Mei om 18:30 kuier Opperman in Vryburg. Die opvoering is in die Vryburg-teater. Bespreek by Carla van der Vyfer by 083 756 0206 of 053 927 73945.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|