Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
In gesprek met Billy Zane
’n Onderhoud met Billy Zane, ster van flieks soos Sniper en Titanic, is ’n vreemde ervaring. Zane (42), wat sy rolprentdebuut in 1985 in Back to the Future gemaak het, verval geredelik in New Age-verwysings na die rolprent- en mediabedryf en sal vir lang oomblikke na woorde soek om sy siening van kwessies soos “om diensbaar te wees” en die “mag van die beeld” te verduidelik. Daarby verklaar hy aanvanklik hy’s ’n aanhanger van die gruwel-genre, net om later in die onderhoud te sê gruwelprente is gemors. Zane, wat in kakieklere besmeer met vals bloed sit en rook, is die hoofspeler in die Suid-Afrikaanse en Britse riller Aswang! en vertolk die rol van ’n oorlewingspesialis wie se TV-span in die Filippyne deur mensvreter-wesens oorval word. Hy het die rol op kort kennisgewing aanvaar, vertel Zane, “vir die geld, die ligging en die genre”. Hy het die draaiboek gelees die aand voordat hy op die vliegtuig na Suid-Afrika vir sy tweede besoek aan die land geklim het. “Dis ’n sterk karakter-gedrewe storie. Dis ook ’n lekker weergawe van Crocodile Hunter. “Daar’s ’n interessante kinkel, want die meerderheid van dié soort programme gaan oor buitengewone omstandighede. “My karakter se benadering in sy program se derde seisoen is om dit meer humoristies te maak.” Zane, wat pas in België en Kanada werk aan ’n Tweede Wêreldoorlog-aksiefliek voltooi het, het aanvanklik in musiekteater gewerk en sy droom is steeds om ’n fliek-musiekblyspel te maak, sê hy. Dit vat een rol om gestereotipeer te word, antwoord hy op ’n vraag oor sy rol in Titanic (1997). Hy verwys na sy spel in die riller Dead Calm (1989) saam met die Aussies Nicole Kidman en Sam Neill. “Dit het ’n onuitwisbare indruk gemaak, maar ek het ’n paar sappige skurkrolle van die hand gewys en eerder onafhankliker projekte aangepak.” Dit het hom 20 jaar geneem om ’n teenwoordigheid op videowinkelrakke op te bou, vertel hy. “Die vraag is, wat gaan ek in die volgende 20 jaar daarmee doen?” Hy is betrokke by die vestiging van ’n alternatiewe “goeie nuus”-netwerk vir selfoongebruikers. “Die nuusmedia lei die aandag af, jaag sensasie na en bevorder ’n verbruikerskultuur. Vir my is die rolprentbedryf bloot ’n instrument.” Word dit gevestig, kan dit verreikende gevolge inhou, sê Zane. “Mense regoor die wêreld kan op dieselfde oomblik mediteer. Daar word elke jaar in die Los Angeles-middestad ’n meditasiekonferensie gehou en die polisie se syfers wys misdaad daar neem dan beduidend af. “Wat doen ons oor Zimbabwe?” voeg hy by. “Dit klink of hulle hulp nodig het. Almal fokus op Tibet, maar Zimbabwe is reg langsaan!”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|