' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Shaleen hou haar lyf Shirley
May 08 2008 04:45:28:820PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kobus Burger

Daar is weer ’n Afrikaanse drama in Johannesburg te sien.

Shaleen Surtie-Richards is terug op die verhoog – dié keer in ’n Afrikaanse vertaling van Willy Russell se immergroen Shirley Valentine.

Hennie van Greunen se verwerking van dié Engelse solostuk open Dinsdag in die UJ-teater op die kampus van die Universiteit van Johannesburg in Aucklandpark.

Shirley Valentyn, wat tydens vanjaar se KKNK in Oudtshoorn gedebuteer het, is onlangs met die Herrie-gewildheidsprys bekroon tydens die Kanna-prysuitdeling in Stellenbosch.

Die speelvak in die Goudstad is die heel eerste nádat dit deur KKNK-feesgangers as die gewildste produksie aangewys is.

Surtie-Richards, wat deesdae sinoniem is met die TV-sepie Egoli, het haar loopbaan op die verhoog begin toe sy ’n rol in die Space-teater se produksie van Die swerfjare van Poppie Nongena gekry het.

Later is sy met ’n Fleur du Cap-teaterprys bekroon vir haar rol in Athol Fugard se Hallo en Koebaai. Sy was ook Fiela Komoetie in Dalene Matthee se Fiela se kind – beide die verhoog- én rolprentweergawe.

Van Greunen is ook die regisseur van Shirley Valentyn.

Die opvoerings in die UJ-teater is van Dinsdag tot Saterdag saans om 20:00. Die speelvak eindig op Saterdag 17 Mei.

Kaartjies kos R105 en R120.

Bespreek deur Computicket.

kburger@beeld.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |