Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Katte soos honde
    May 09 2008 10:09:47:833AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Berlinda Lessing skryf: "Dit is my main coon-kat, Kimi. Dit is die wonderlikste troeteldier denkbaar! Ons het onlangs Australië toe getrek, so my troeteldiere behoort ook nou te kwalifiseer vir vliegmyle!"
    Marga Ley

    Hulle is die grootste troetelkatsoort, is hoogs intelligent, rats en spelerig. Hulle hou daarvan om soos honde gooi-en-bring-speletjies met jou te speel en hulle maak hul eie spesiale geluidjies.

    Maine coon-katte is waarskynlik as gevolg van al hierdie dinge en meer een van die gewildste kat-rasse in Suid-Afrika.

    Hulle is kalm, luister na hul eienaars en word sagmoedige reuse genoem.

    “ ’n Maine coon het baie aandag nodig al hou hulle nie daarvan om vasgehou en vasgedruk te word nie,” sê mnr. Joos Esterhuizen van die kattery Maine Emblem in Pretoria.

    “Hulle sal wegloop om aandag te gaan soek as hulle dit nie kry nie. Die katte is groot en saggeaard en kom met als en almal klaar, selfs met voëls.

    “Maine coons praat met jou. Hulle miaauw nie soos gewone katte nie, hulle maak ’n eie geluid. Hulle moet die regte kos kry en eet baie, maar sal nie hulself oorvreet nie. Mannetjies kan tot nege kilogram weeg en wyfies sowat ses kilogram. Reggemaakte katte kan wel oorgewig word.”

    Die ras kan baie keer honde-eienskappe hê. Hulle sal hul speelbal voor jou voete neersit en wag dat jy dit gooi. Of hulle sal saamstap na die posbus, saamstap as jy met die hond gaan stap en sal aangehardloop kom as jy hul roep. Hulle luister na wat jy vir hulle sê.

    Maine coons word ook soms grappenderwys die ‘stert met ’n kat’ aan genoem omdat hulle sulke dik sterte het, of ook mane coons vanweë die leeuagtige maanhare om die nek. Dit is belangrik dat hulle gereeld geborsel moet word.

    Een van die verhale van waar die naam maine coon kom, is dat ’n huiskat van Maine in Amerika kleintjies gekry het wat deur ’n wasbeer (raccoon) verwek is. Maar dit word algemeen as biologies onmoontlik beskou. Ander verhale is dat die kat vernoem is na ’n skeepskaptein met die van Coon wat hulle na Maine gebring het en ook dat hulle afstam van ses katte wat Marie Antoinette na Wiscasset, Maine, sou gestuur het omdat sy beplan het om van die Franse Revolusie daarheen te vlug.

    Weens maine coons se grootte is heupverplasing ’n mediese probleem wat ingeteel is en vet katte moet oppas vir hartsiektes. Tandvleissiektes kan ook ’n probleem wees, maar in die algemeen is maine coon-katte geharde, gesonde, diere wat ouer as 20 jaar kan word. – Marga Ley

    Vrae:

    Ek is op die oomblik besig om my groot honde self te leer, en dit werk sover goed. Ek soek asb net raad om hulle te kry om nie teen n persoon op te spring, albei doen dit, ek is net bang hulle spring iemand dalk om as hulle grootter word. Hulle is omtrent nou 7 maande oud.

    Ons het twee babas in die huis: ’n worshond van 4 maande en ’n Jack Russel van 3 en ’n half maande. Albei is tefies.

    Die worshond is geneig om baie op te spring wanneer sy opgewonde raak en spring ook van die bank en bed af. Ek weet

    dis sleg vir haar ruggie, maar sy weier om dit af te leer.

    Dan is daar ook die delikate sakie van hulle reuk! Wanneer hulle slaap en partykeer tussenin ook, dan vang ons daai klanke wat deurkom en dis iets vreesliks! Ruik net soos beesmis!

    Ek voer hulle van 8 weke af Hill’s Science Plan se puppy hondekos en hulle kry ook ’n hondebeskuitjie as beloning wanneer hulle die grasperk gebruik. Verder kry hulle absoluut geen ander kos of oorblyfsels van die tafel af nie.

    Wat kan ek doen? Ek het oorweeg om hulle dalk oor te skuif na Royal Canin hondekos toe om te kyk of dit nie help nie.

    Enige raad?

    Volgende week: Miniatuur-perdjies.

    Stuur foto’s en video’s van jou troeteldier na troeteldier@beeld.com. Beeld se stelsels kan nie zip-formaat hanteer nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |