Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Victor Aardklop se feeskunstenaar
May 11 2008 04:07:06:443PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Diane Victor se werk is in 2006 op Aardklop vertoon as deel van die Sasol Wax-uitstalling. Foto: Lisa Skinner

Aardklop, die kunstefees wat jaarliks in Potchefstroom aangebied word, het pas aangekondig Diane Victor is vanjaar se feeskunstenaar.

Victor het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf vir haar etse en houtskoolsketse en meer onlangs vir haar skimmige rook-sketse van vermoordes en mense wat spoorloos verdwyn het. Haar laaste groot uitstalling was in die Goodman-galery in Kaapstad.

Oor haar werk het Victor opgemerk: “Dis veral situasies wat my kwaad maak of ontstel waardeur ek geïnspireer word. Dis nie soseer mense wat my meer inspireer nie, maar situasies waarin ek my bevind – goed soos geweld en die obsessiewe en verlammende vrees wat daarmee gepaard gaan.”

Oor haar betrokkenheid by Aardklop en oor die rol van kuns-tefeeste sê Victor: “Dis belangrik dat kunstefeeste die visuele kunste moet insluit in hulle advertensie- en promosie-veldtog om gemeenskappe bewus te maak van die visuele kunste. Feeste doen reeds geweldig baie om mense wat gewoonlik nie galerye besoek nie, sover te kry om na ‘ernstige kuns’ te begin kyk.”

Van die vorige Aardklop-feeskunstenaars sluit in Willem Boshoff, Marco Cianfanelli en Nicholas Hlobo.

Vanjaar se Aardklop-fees duur van 30 September tot 4 Oktober.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |