Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    ‘Silent Voice’ lê kwesbaarheid bloot
    May 11 2008 04:07:05:083PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    'n Toneel uit die misdaaddrama Silent Voice, tans in die Momentum van die Staats- teater.

    Silent Voice
    Momentum, Staatsteater, Pretoria
    Rudi Sadler

    In Suid-Afrika het misdaad deel van ons daaglikse bestaan geword, ’n gemeenskaplike juk waaronder alle burgers gebuk gaan en waaroor elkeen ’n storie kan vertel.

    Ook in ons teaters, wat buiten om te vermaak ’n noodsaaklike ruimte skep waar sosiale kwessies belig, ondersoek en uitgedaag word, het die tema van misdaad al hoe meer neerslag begin vind.

    Aubrey Sekhabi se Silent Voice is ’n goeie voorbeeld hiervan. Dit herinner aan die geen-doekies-omdraai-styl van Mpumelelo Paul Grootboom, hoewel nie heeltemal so brutaal nie.

    Die drama volg ’n groep transito-rowers wat ’n geldwa van die pad dwing en onbepland vier geldwagte afmaai voordat hulle met die buit op die vlug slaan. Die polisie is kort op hul hakke en verwyte en koeëls vlieg heen en weer.

    Die belowende jong akteur Presley Chweneyagae – ironies genoeg tot sterstatus verhef na sy spel in die Oscar-bekroonde misdaadfliek Tsotsi – voer die viermanskap aan. Die res van die geselskap bestaan uit Boitumelo “Chuck” Shisana, Zenzo Ngqobe en Thato Moraka.

    Uit die staanspoor is dit duidelik dat teenstrydigheid en ironie sentrale temas vorm: daar word gebid – óf tot God, óf tot die voorvaders – vir seën oor die beplande rooftog, terwyl misdade summier by wyse van Bybeltekste geregverdig word; geharde kriminele praat met blink oë van hul moeders en geliefdes; en vlak onder ’n skynbare rots van kameradie broei wedersydse wantroue.

    Fisiek is die stuk veeleisend. In ’n poging om die polisie te ontduik is die akteurs só aan die hardloop, klouter en rondrol om en oor ’n groot metaalstellasie dat selfs die gehoor later uitgeput na hul asems wil snak.

    Dit dra effektief by tot die opbou van die spanningslyn, maar bly tog ’n frustrasie as dialoog tussen die geklonk van die metaalstellasie en gejaagde asems verdwyn.

    So in die hardloop leer ons die karakters ken deur hul vertellings, hul agtergrond, drome en gebreke. Dit is egter eers wanneer die dolle jaagtonele oorgaan tot stadige aksie en die gehoor insae kry in elke karakter se gedagtegang – die “silent voice” – dat die viertal se motiewe en kwesbaarheid finaal blootgelê word. Hierin lê die stuk se trefkrag.

    Die reaksie wat ’n drama soos Silent Voice by die gehoorlede ontlok wanneer misdaad realisties voor hul oë op die verhoog uitgebeeld word, is uiteenlopend. Party gehoorlede het geskater terwyl ander in hul stoele ineengekrimp het.

    ’n Mens wonder wat gehore met hul saamneem huis toe. Sou dit meer insig wees, kennis van die ander kant van die storie wat sodoende ’n mate van verdraagsaamheid en genesing bring? Dalk ’n gevoel van woede en magteloosheid? Of soos in die geval van protesteater, dalk ’n mate van herkenning en vereenselwiging met daardie stem wat nooit opklink nie – die ánder “silent voice”?

  • Tot 18 Mei.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |