Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ondermaanse op die hart
Nog lank voor almal die groen-neiging agterna gehardloop het, het Karen Ter Morshuizen, bekend vir haar Lunar-handelsmerk, haar klere in 1995 reeds op Bryanston se organiese mark verkoop. Instandhouding van die aarde en omgewingsvriendelike gebruike was nog altyd deel van haar verwysingsraamwerk. “Niemand het destyds regtig verstaan waaroor dit gaan nie, maar dit was nog altyd vir my belangrik. Ek inkorporeer dit waar moontlik, maar dit is nie altyd so maklik nie,” vertel dié 36-jarige ontwerper. Deur omgewingsvriendelike weefstowwe en kleurstowwe te gebruik, is maar net van die maniere hoe Ter Morshuizen ’n klein verskil probeer maak. “Kleurstowwe is veral skadelik vir die omgewing in terme van afvalwater. Maar mode en heeltemal omgewingsvriendelike opsies is ’n teenstrydigheid. ’n Mens kan nie voorgee om die planeet te verander as jy in die modebedryf is nie, want op die ou end gaan dit oor verbruikersdruk. Jy kan egter verantwoordelik te werk gaan.” Selfs klein dinge, soos om linne bo katoen te verkies, maak ’n verskil, sê Ter Morshuizen. “Die manier waarop linne verwerk word en die prosesse waardeur dit gaan om ’n weefstof te word, is byvoorbeeld baie ligter op die omgewing as wat katoen is.” In haar ontwerpe gebruik sy ook baie hemp in die vorm van denim en breistof en eksperimenteer ook al hoe meer met bamboes, ’n gewas wat baie vinnig groei en min skade aan die omgewing rig. In die winkel self doen hulle ook hul bes om eko-vriendelik te wees deur papier en selfs hul materiale te herwin. “Ons gooi niks weg nie. Ons hou alles en waar ons kan gebruik ons dit om proefstukke of kinderklere mee te maak. Ons probeer alles gebruik om die uitset van die materiaal te maksimaliseer, en dit wat ons nie kan gebruik nie, gee ons aan vroue in werkgroepe wat weer iets anders daaruit maak.” Hulle maak selfs ’n punt daarvan om elke keer bome te plant as hulle materiale laat invoer, net omdat hulle weet dit is skadelik vir die omgewing. Sy dink egter nie genoeg Suid-Afrikaanse ontwerpers probeer hard genoeg om dieselfde te doen nie omdat dit so moeilik is. “Dis baie makliker én goedkoper om sinteties te koop, weg te gooi wat jy nie nodig het nie en nie om te gee wie jou materiaal vervaardig of hoe dit gekleur word nie, want dan gaan die hele wêreld vir jou oop in terme van wat beskikbaar is. In Suid-Afrika is dit veral moeilik om duursame materiale wat omgewingsensitief is, te vind. Maar dis ook nie op almal se prioriteitslys nie. “Dis nie te sê elke kledingstuk wat uit die winkel kom het dié beginsels nie, maar ons doen wat ons kan, waar ons kan.” Juis met die oog daarop om vermorsing te beperk maak Lunar ook nie wat sy noem “wegdoenbare” kledingstukke, wat vreeslik neigingsgeoriënteerd is, nie. “Ons hou daarvan om klere te maak met ’n langer lewensduur wat dalk beteken jy betaal meer daarvoor, maar jy hoef dit nie volgende seisoen te vervang nie.” Sy waarsku dan sommer dat organiese weefstowwe en omgewingsvriendelike produkte heelwat duurder as die res is, juis omdat dit soveel meer arbeidsintensief is en meer kos om dit volgens die regte beginsels te vervaardig. Volgens Ter Morshuizen is die meeste van Lunar se verskaffers organies gesertifiseer, maar sê sy hulle het nog self nie aansoek gedoen om dié stempel van goedkeuring nie. Sy sê die enigste manier hoe verbruikers druk om die modebedryf kan plaas om meer omgewingsbewus te raak, is om slegs sulke produkte te koop en nie die goedkoop ingevoerde klere te koop nie. “Om omgewingsvriendelik te wees beteken nie jy hoef ’n hippie te wees nie. Daar is talle stylvolle en mooi opsies daarbuite.” Lunar het nog heelwat planneWat is jou definisie van mode? Daar is 'n verskil tussen mode en modieus wees en om neigingsgeoriënteerd (trendy) te wees. Enigiemand kan modieus wees deur goed en gemaklik te lyk in wat jy dra en te weet wat vir jou werk. Om neiginsgeoriënteerd te wees en te weet wat die seisoen in is ? en dit reg te dra ? verg egter meer vaardigheid. Enige internasionale planne? Ons gaan vanjaar vir die derde keer na die Londense modeweek as deel van die uitstallers (dus nie op die loopplank nie), maar vanjaar gaan ons aan die Estethica-uitstalling, wat die omgewingsbeen van die modeweek is, deelneem. Ons hoop om dalk volgende jaar op die loopplank te wees. Verder verkoop ons sover net aan individue oorsee, maar ons is nie haastig nie. Ons wil eers nog 'n paar winkels in Suid-Afrika open. Waarvoor kan ons uitkyk? 'n Reg-om-te-dra-trourok-versameling wat ons hopelik in September sal bekendstel. Winterwenke? Daar is 'n groot skuif na goeie snyerstukke. As jy in iets moet belê, sal ek ?n pragtige klassieke baadjie en ?n hoëmiddel-romp, -broek of broekpak wat goed pas, voorstel. Die winterkleur is grys.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|