Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Meesterlike oëverblindery
May 13 2008 08:08:09:810PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marc Salem (links) saam met 'n gehoorlid in Mind Games, tans in Brakpan.
Kobus Burger


’n Fortuinverteller is iemand wat met die hulp van ’n kristalbal of tarot-kaarte kan voorspel wat môre of oormôre met jou gaan gebeur.

’n Gedagteleser klim agter jou voorkop in en kan jou gedagtes en soms selfs jou gedrag beïnvloed.

Dít is wat die Amerikaner Marc Salem nou al vir bykans drie dekades op verhoë wêreldwyd vermag.

Gestel hy gee vir jou drie kleurvolle koeverte. Een van hulle het ’n bewys ter waarde van $500 en die ander twee absoluut niks. Salem sê jy kan een koevert kies, maar dat hy alles in sy vermoë gaan doen om seker te maak dat jy die verkeerde koevert – een sónder die $500 – gaan neem.

Uiteindelik kies jy en hy bied jou ’n kans om van besluit te verander. En sowaar, jy hét die verkeerde koevert gekies!

In die vermaakwêreld is Salem waarskynlik die Britse TV-ster Derren Brown se voorvader. Al verskil is dat hy nié sy eie TV-program het nie, maar van vasteland tot vasteland vlieg om gehore met sy breinkrag uit te boul.

Hy “weet” wat sy gehoor oor ’n paar minute gaan dink en kan binne ’n japtrap sê of iemand ’n leuen vertel. As jy iets voor jou geestesoog visualiseer, kan hy dit netjies op ’n stuk karton teken, presies soos jy dit sou teken in dieselfde kleur pen wat jy in gedagte gehad het.

Alles gebeur met ’n goeie dosis humor en spitsvondigheid, sonder dat ’n mens hoef te vrees dat die man regtig jou diepste geheime voor jou vriende gaan verklap.

Salem was reeds in 2004 in die Staatsteater in Pretoria en verlede jaar in KwaZulu-Natal met Mind Games. Sy huidige vertoning verskil egter nie veel van die vorige nie.

Die hoogtepunt is natuurlik wanneer hy die hele gehoor se gedagtes begin lees en met ’n stewige blinddoek voorwerpe uit die gehoor met 100% akkuraatheid identifiseer.

Tydens die openingsaand in Brakpan is Salem se showmanship tot die uiterste beproef toe skynbaar halfbeskonke gehoorlede kort-kort kommentaar gelewer het en geskreeu het wanneer hy met slegs een persoon in gesprek wou tree. Dit het hom geensins van stryk gebring nie en sy kwinkslae was mettertyd net vinniger en selfs meer gewaagd. Niks kan hom klaarblyklik van stryk bring nie!

Al is Salem bloot ’n goeie vermaakkunstenaar en ’n gedagteleser in die styl van Banachek of die oer-voorvader van dié vermaak, Tony Corinda, dring hy daarop aan dat dit alles wetenskaplik is of bloot die kuns van nie-verbale kommunikasie.

Hoe dit ook al sy, dié Amerikaanse buksie dink en doen só vinnig dat selfs ’n ingeligte gehoor nie sy meesterlike oëverblindery sal opmerk nie. Die eindproduk is ’n aand van uithaler-vermaak. Of jy hom kop toe vat, is egter jou besluit!

) Tot 7 Junie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |