Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Aardklop het 8 nuwe dramas
Altesame agt nuwe Afrikaanse verhoogdramas debuteer einde September tydens die elfde Aardklop-fees in Potchefstroom. Een van die nuutskeppinge is die bekroonde Oos-Kaapse dramaturg Reza de Wet se Blou uur wat met die Kaapse aktrise Mary Dreyer in die rolverdeling opgevoer gaan word. Marthinus Basson is die regisseur. De Wet se Broers is twee jaar gelede tydens Aardklop opgevoer, maar was ’n Afrikaanse vertaling en verwerking van een van haar Engelse dramas. Die ander debuutstukke sluit in Schalk Schoombie se Samoerai, Saartjie Botha se Bure oppie bank, die jong dramaturg Gideon van Eeden se Boetman is bedônit 2: Expêt avontuur, Leon Kruger se So, jy wil skei?, Alyzzander Fourie se Martha ruk, Themba Ndimande en Calvin Ngcaku se ’n Boer Ndebele asook Andries Vrey se Markus 16. Op die musiekfront is die Stok-manne terug met Alles op ’n stok – Die volledige geskiedenis van alles, ’n produksie waarin hulle as ’n soort perkussie-sirkus met hul musiekinstrumente baldadig raak. Alexa Strachan en Leon Ecroignard is te sien in Last Mango in Paris, ’n nuwe musikale komedie uit die pen van Strachan met San-dra Prinsloo as regisseur. Op die vrou af II is die opvolg van André le Roux se Sarie-rubrieke wat vir die verhoog verwerk is – destyds met Sarah Theron en Pedro Kruger. Hierdie keer is dit Kruger en Jolette Odendaal met Hennie van Greunen as die regisseur. In Van Boerseun tot Brel vat die boeremusiek-legende Danie Bosman en die Belgiese liedskrywer Jacques Brel hande met Ollie Viljoen en sy trekklavier en Niël Rademan agter die klawers. Uit die buiteland is daar Jori Snell uit Nederland en Denemarke met Very Short Stories of Creatures and their Journey towards a Home – ’n vermenging van mimiek, fisieke teater, dans, gevegskuns en butoh-teater met tekste van Anne Sexton en gedigte van Walt Whitman. Vir die kleinspan is daar vanjaar ’n besoek van beide Liewe Heksie en Haas Das, terwyl kore soos die Suid-Afrikaanse Jeugkoor en die Boulevard Harmoniste gaan optree. Diane Victor is vanjaar se feeskunstenaar, maar wees ook onder andere op die uitkyk vir die Absa L’Atelier se top10-kunstenaars en Trajectory met Musha Neluheni as die genooide, jong kurator. Die dramatiese sopraan Elza van den Heever tree saam met die Chamber Orchestra of South Africa (Cosa) op in ’n konsert wat eksklusief tydens Aardklop aangebied word. Sy sal ook in ’n Liederprogram gehoor kan word en ’n meesterklas aanbied. Aardklop duur vanjaar van Dinsdag 30 September tot Saterdag 4 Oktober. Vir meer inligting bel die feeskantoor by 0 018 294 7509 of besoek die amptelike webblad by www.aardklop.co.za. Kaartjies vir die onderskeie vertonings kan deur Computicket bespreek word. ) kburger@beeld.com
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|