Speeltyd was verstreke in die Super14-eindstryd en die Bulls was met 13-19 agter teen die Sharks.
Iets baie spesiaals sou moes gebeur om die bordjies te verhang - en dit het.
Dié videogreep wys hoe Bryan Habana die bal naby die kantlyn diep binne Sharks-gebied ontvang. Hy sny binneveld toe, deur 'n Sharks-speler wat probeer keer se laagvat, trap dan af na regs en versnel reguit doellyn toe om die wendrie met 'n sierlike duikslag te druk. - beeld.com-redaksie