Kom klim op die planke saam met Johan 'Vingers-op-die-knoppie' Stemmet en die immergewilde span van Noot vir Noot. Dié musiekprogram se Roadshow is tans by Aardklop en die musieknote van die mini-Musiekfabriek - Johan van Rensburg en sy seun Riaan - het net so lekker gerol soos die geldnote (in die vorm van tjeks van "die vriendelike mense by Absa" ) wat aan die gehoor uitgedeel is.