Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Aardklop-video's
Oct 03 2007 04:34:34:320PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Onthou jy nog die Briels se tranetrekker "Trein na Pretoria"?

Dawid Roux en Marga Ley, Beeld.com se video-span op Aardklop, het heel spontaan 'n musiektema laat ontstaan met die Aardklop-video's wat hulle op Potchefstroom gemaak het.

Daar is nou 'n musiekvideo vir elke smaak op ons webwerf:

Een van die hoogtepunte van 2007 was die UP Simfonie-orkes se uitvoering van Tshaikofski se 1812 Overture waarin regte G1-kanonne afgevuur word.
Kyk na die video.

Lize Beekman sing haar nuutste liedjie, "Ek sien 'n boer dans" op Aardklop. Marga Ley was daar.
Kyk na die video.

"Ons vir jou Suid Afrika" is Bok van Blerk se nuwe trefferliedjie wat baie Aardkloppers vir die eerste keer gehoor het.
Lyk na die video.

Kurt Darren en Snotkop was beslis 'n wenspan toe hulle vir die eerste keer saam gesing het.
Kyk na die video.

Dana Snyman, bekende skrywer en joernalis, se staaltjies was baie gewild op Aardklop.
Kyk na die video.

Bok van Blerk se liedjie "De la Rey" was nog stééds 'n gunsteling op Aardklop. Die vraag is: wie ken die woorde?
Kyk na die video.

Skye, Anton Goosen se hondjie, is deesdae 'n bekende gesig tydens sy vertonings.
Kyk na die video.

P.G. du Plessis praat oor sy nuwe toneelstuk op Aardklop, "Sophia Mentz beredder haar boedel".
Kyk na die video.

Dozi is 'n groot vriend van die Soweto String Quartet en saam geniet hulle "Ou Ryperd" op Aardklop.
Kyk na die video.

Die harde reënbui wat oor Potchefstroom uitgesak het, het 'n hele klompie mense nie gekeer om die volgende oggend Aardklop te besoek nie.
Kyk na die video.

Almal het dit by Aardklop. Die feesterrein en veral Beeld se tent was een van die gunsteling-bymekaarkomplekke.
Kyk na die video.

Kyk wat maak Die Grafsteensangers met "Trein na Pretoria".
Kyk na die video.

Johan Stemmet staan self agter die mikrofoon in die Noot vir Noot Roadshow.
Kyk na die video.

Chris van Rensburg het nie die baskitaar neergesit nadat hy sy hand in 'n ongeluk verloor het nie.
Kyk na die video.

Een van die hoogtepunte van 2007 was die UP Simfonie-orkes se uitvoering van Tshaikofski se 1812 Overture waarin twee regte G1-kanonne afgevuur word. Marga Ley het 'n kleedrepetisie bygewoon.
Kyk na die video.

Die Grafsteensangers is ou bekende gesigte by Aardklop. Maar wie is hulle nou eintlik.
Marga Ley het elkeen pesoonlik gaan vra.
Kyk na die video.

As jou musieksmaak bietjie meer progressief is, gaan kyk na die orrel-improvisasie van Zoada Temmingh wat oor 'n stil rolprent van 1912 gespeel word.
Kyk na die video.

Amor Vittone het haar lyf gewikkel in die die Beeld-tent.
Kyk na die video.

Nicholis Louw wys sy nuwe haarstyl en praat oor geloof.
Kyk na die video.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |