Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Die boom, die oom en die bakkie: Stuur jóú snaakse video
Mar 20 2008 11:33:47:610AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Dié toneel nie 'n Schuster-streep
  • Hierdie is die gewildste video wat tot nog toe op www.beeld.com verskyn het. In die eerste drie dae ná publikasie is meer as 33 000 keer daarna gekyk.

    Hoe gemaak as jy 'n groot ou palmboom op jou erf wil ontwortel?

    Hierdie video-insetsel het op YouTube verskyn en Beeld.com verneem graag van mense wat meer inligting kan verskaf oor dié "tree-felling gone wrong" in Strubenvale aan die Oos-Rand.

    Wie is die betrokkenes? Wie het die video geneem? As jy inligting het, stuur dit asb. aan mystorie@beeld.com.

    Stuur jóú snaakse video aan ons

    Stuur jou eie snaakse video aan mystorie@beeld.com.

    Jy kan 'n videokamera of selfoon gebruik - en hou dit so kort as moontlik.

    As jy jou video-insetsel op CD laai, kan jy dit by Beeld se kantore by Mediapark in Aucklandpark, Johannesburg kom aflewer; of reëlings kan getref word om dit laat afhaal.



    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  •  
    haha, 04/03/2008, JD
    haha dis heel funny, Ai hoe dom kan n mens wees. Die ouens het heel duidelik nie gedink nie.
    IK toets, 04/03/2008, Johan
    Daai ou was nou wragtag deur die blare en hoog in die takke. Sy skoene is wrintiewaar groter as sy IK.
    Stukkend geval, 04/03/2008, Christa
    Duidelik is dit nie net die bakkie wat so bietjie stukkend is nie... Wonder hoe ver was die Brandewyn en Coke van die stoep af gewees?
    Boom en Bakkie, 04/03/2008, Kaizer
    Brandewyn HET NIE brieke nie!
    wiskunde, 04/03/2008, Pieter
    Ek dog meetkunde wat verpligtend tot 1999 , kyk nie vir my die man was gereeld in sy meetkunde klas nie , ek wonder of hy al van ouens soos Newton of oom Albert gehoor het , e=mc2 , of selfs net dat iets soos gravetasie bestaan. ek kry hom maar net jammer!!!!
    OOM EN SY BOOM, 04/03/2008, LIEBMAN SNOER
    DIE TRANE LOOP NOG SOOS EK LAG. KRY MAAR VIR JOU N KLEINER PROJEK OM AAN TE PAK OF GEE DIT VIR DIE MENSE WAT DIE WERK REG KAN DOEN. BOOM GROETE.
    Die Oom, die boom & die bakkie, 04/03/2008, St?n
    Nou al baie dinge gesien, maar hierdie is defnitief onder die top 10 van "stupidity". Lekker gelag, maar wonder net oor waar het hulle gereken gaan die boom te lande gaan kom.
    Daantjie se bakkie, 04/03/2008, Nelmarie
    Oom Daantjie and the THREE STOOGES
    ai ai ai oom! eish!!!, 04/03/2008, Hyla
    Ek het in my lewe nog nooit so iets gesien nie. Die heeltyd sit ek en wonder wat gaan die ou doen as die boom nou op sy bakkie val - en toe val dit. Nee wat, daar is nie pille vir domgeit nie.
    Boom en die plat bakkie, 04/03/2008, Ook van Strubenvale
    Wil graag weet waar presies in Strubenvale en wie die mense was. Liewe genade wie het hierdie een uitgewerk? Ek hoop nie julle huur julle self uit vir tree felling nie, maar ek glo nie want dit is seker nie meer moontlik sonder die bakkie nie.
    "Boom-boom" bakkie, 04/03/2008, Jeiz
    Onnosel kry mens darem nou nie beter as dit nie! Die gene-poel moet 'n bietjie skoongemaak word sodat sulke uitdinksels nie alledaags is nie! Wat het deur die mense se koppe gegaan? Hahahah te kostelik! Ek lag my sommer 'n papie! Toonkrul-lekkerlag!
    Vanaf die Oos-Rand?, 04/03/2008, Andr?r /> Daar is menigte grappies van die Oos-Rand. Die geval bevestig net dat die meeste dalk waar is!!!
    BAKKIE EN DIE BOOM, 04/03/2008, MARITA
    Waar anders het hulle gedink sal die boom val as hulle hom vorentoe trek? Ek het gedink dit is 'n April-fool grap.
    Daantjie se bakkie en die Boom, 04/03/2008, Gert Barnard
    Sorry oor jou bakkie, ou Daantjie, maar jy het darem gesorg vir lekker lagbuie hier op Nigel.
    Slim boom, 04/03/2008, Francois Malan
    In teenstelling met die oom is dit 'n baie slim boom daai. Hy laai hom sommer self.
    Oom en die boom!, 04/03/2008, Sonja
    Ek kon nog nie eers die video mooi kyk nie- ons server gee probleme. Maar, ek skreeu soos ek lag vir al die kommentaar!!!! Die trane loop, en die Angolese dink ek is mal, want hulle verstaan nie hoekom ek lag nie!!
    Ek voel jammer vir die BAKKIE, 04/03/2008, Renier Jansen
    Daar's geen verskoning vir sulke ouens nie! As jy nie 'n brein het nie, kan jy nie dink nie!
    Oom en die Boom, 04/03/2008, Marilyn
    Dit noem ek nou so dom soos grond!!! Ai, so klomp manne saam en niemand dink aan meet of beplan nie. Shame
    Die boom en die bakkie, 04/03/2008, Roger
    Die ou het die Darwin Award (www.darwinawards.com) ook maar net-net gemis. Dalk nomineer ek hom tog vir die beste "Near Miss".
    Oom en sy gewese bakkie!, 04/03/2008, Riaan Haasbroek
    Eish my oom! Dankie vir die lag!!! Kan ek asb die naam van oom se wiskunde onderwyser kry? Wil my kinders eendag ver weghou van die persoon af!!!
    Die dom Oom en die slim boom, 04/03/2008, Mary-ann
    Dis baie snaaks maar ek kry die oom so bitterlik jammer.
    Die oom en die boom, 04/03/2008, landi
    EK het lanklaas so lekker gelag!!
    die oom en die boom, 04/03/2008, Kobus
    Wys nou net - die boom val nooit ver van die appel af nie.
    Oom en die boom, 04/03/2008, Hannah
    Nee regtigwaar, hy moet 'n prys kry vir die toppunt van domheid. Hy is sowaar 2008 se domste persoon.
    Oom en die boom, 04/03/2008, Johan
    Hy was seker te lui om dit op te laai en het 2 vliee met een klap probeer doodslaan.
    Jerry Springer, 04/03/2008, Willie W
    Ek stem saam Garth, Die ding bly darem maar snaaks - al kyk jy dit 20 keer! Ek sweer Jerry springer sal betaal om die ou op sy show te kry! dan kan hy dalk 'n groter bakkie koop en groter bome trek! Dalk kan hy 'n ford bekostig :)
    Bakkie vs. Boom, 04/03/2008, Heinreich
    Die kommentaar op die laaste stuk is ongelooflik dof: "ek het dit glad nie verwag nie" - help my tog om op te hou lag. Ai mense,hoe dom kry jy!
    DIE OOM EN DIE BOOM, 04/03/2008, ARTHUR MC DERMOTT
    SHAME...SEKER WISKUNDE GEDOEN OP "UITKOMS KABASEERDE WISKUNDE" OP DIE NUWE STAATSILLABUS! GEEN CLUE VAN DRIEHOEKSMEETKUNDE NIE..DIT HET MY DAG GEMAAK - ATTIE !
    Die boom, die oom en die bakkie, 04/03/2008, Griet
    Dankie vir die lekker lag,jammer oor die bakkie :-( !!!! Hoe het hy uitgewerk gaan hy met die bakkie by die hek uitkom? Dit is dan TEEN die heining geparkeer?? Dis nie asof mens net bietjie terugstoot met 'n boom op die bak en by die hek uitry nie.............?
    Die boom en die oom, 04/03/2008, Bokkie
    Aai daar issie pille vir domgeid nie, maar dit is so snaaks.
    die oom en die boom 4/3/08, 04/03/2008, petro oberholzer
    Waar het hy gedink gaan die boom in elk geval val, dis baie snaaks maar dit kon groot marakas veroorsaak het. Genade, sy beskermengel was defnitief aan diens. Nog 'n bewys goedkoop koop is duur koop.
    Bakkie en die boom, 04/03/2008, Erika Venter
    'n Mens kan jou vriende kies maar nie jou familie nie! As 'n boom moet uit, moet hy uit.
    kyk, 04/03/2008, jacques
    Die man is, hoe se 'n mens, dom.
    Die boom, die oom en common sense, 04/03/2008, Francois
    Na hierdie insetsel moet ek nou amptelik toegee - daar is nie so iets soos common sense nie. Jitte tog - het die oom nie die boom met die oog gemeet nie. Nee man, 'n boer maak mos 'n plan ..... of miskien nie!
    Daantjie se bakkie en die Boom, 04/03/2008, Garth Kruger, Calgary, Kanada
    Nee, ek weet niks van hulle nie, maar ek het lanklaas in my lewe so lekker gelag. Die trane het later geloop. Toe ek die 20e keer die video kyk toe dreig die vrou en kinders my met opname in die psigiatriese hospitaal. Die beste van alles is die kommentaar van die Engelse buurman en die omstanders. En Daantjie se swaertjie ook. Pragtig. As iemand 'n fonds stig om vir Daantjie 'n nuwe bakkie te koop belowe ek ook 'n bydrae. Kostelik. Te mooi vir woorde. Meer sulke videos en minder walgvideos.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |