Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Al die snaakse video's
Apr 21 2008 06:15:24:907PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hier is van die snaakse video's wat Beeld.com al ontvang het.

Stuur jou eie snaakse video aan mystorie@beeld.com.

Jy kan 'n videokamera of selfoon gebruik - en hou dit so kort as moontlik.

Flippie en sy 'wakka-wakka'
Flippie, 'n 7-jarige worsie, met sy wakka-wakka, nadat Snippie op Beeld se webblad gesien is, moes ons het hierdie video instuur..
Kyk na die video.

Dis nie eier op die bruidegom se gesig
Soos dit enige bruidegom betaam was Jaco Maas senuagtig oor die toespraak wat hy op sy troudag in Upington moes afsteek. Maar hy het nie geweet wat wag nie . . . Willie Burger het die video ingestuur.
Kyk na die video.


Billy die papegaai kap dit uit
Wanneer Billy die papegaai die eerste note van Mango Groove se "Dance some more" hoor, dan doen hy presies dít.
Kyk na die video.

Kyk weer, dis net jellie!
Jy wil net-net in jou ontbytpap stik, maar kyk weer: dit is net jellie..
Kyk na die video.

Die pratende Yorkie
Elise Butterfield van Fourways het die video van haar ''pratende" Yorkie gestuur.
Kyk na die video.

Die papegaai en die stofsuier
Jacques Conradie se papegaai, Vlam, wil elke keer bad as 'n stofsuier of haardroër aangeskakel word. As haar bad in haar hok is en mens skakel die stofsuier aan, is sy in.
Kyk na die video.

'Op die Bokke'
Stella de Vos van Kempton Park se pappegaai, Bobby het die oggend van die Rugby Wêreldbeker-eindstryd die dag mooi begin met 'n "môre mamma, op die Bokke!"
Kyk na die video.

Snippie se speelding
Peet van Schalkwyk van Potchefstroom se worshond, Snippie, is mal oor sy speelding...
Kyk na die video.

Oud maar nog nie koud
Marlese van der Westhuizen van Gansbaai het dié kort video van waar oupa M. Nortier sy kleindogter wil wys hy kán nog fietsry.
Kyk na die video.

Haas of hond?
Annebelle Deyzel van Hermanus het die video ingestuur van haar vriend Arrie wie se Jack Russel dink hy is 'n haas.
Kyk na die video.

Man en sy voël stort
Iona Enslin het die agtjarige papegaai, Tibby, afgeneem terwyl Tibby en haar man stort. Tibby is versot op stort.
Kyk na die video.

Rock en roll
Mariet Landman het die video ingestuur. Dis van haar kleinseun Sebastiaan, wat mal is oor musiek.
Kyk na die video.

Knip 'n uiltjie...
Marlene Froneman van Wierdapark, Centurion, se dogter van 11 maande kan nie haar oë oophou nie.
Kyk na die video.

Suurlemoen is...
Cecile Harmse van Johannesburg het 'n selfoonvideo geneem van die eerste keer wat haar seun van 'n jaar en drie maande suurlemoen geëet het. Sy sê hy is nie baie lief daarvoor nie.
Kyk na die video.

Hou vas jou broek!
Piet Loubser het hierdie video uit Nieu-Seeland gestuur. Andrá wou sy bollemakiesie op film vasvang en kry toe meer as wat hy verwag het.
Kyk na die video.

Eina!
Patrick Ardé het homself met sy stoel misgis terwyl hy by die werk in Johannesburg oor die telefoon gepraat het. Die video kom van kringtelevisiekameras en is deur Antonie Mans ingestuur.
Kyk na die video.

Oeps!
Lucas Muller, 'n Beeld-leser, het hierdie video geneem van sy seun, Nic, wat vir die eerste keer geleer het om 'n kraan oop te maak en in die water te speel.
Kyk na die video.

Hier kom groot...
Werner de Villiers het dié selfoonvideo gestuur. Hy en sy neef is met die neef se 2005 Subaru Impreza 2.5 (met turbo) na Kimberley vir die naweek.
Kyk na die video.

Sharks (amper) bo!
Rinda Schutte het hierdie video ingestuur van haar man en haar broer se (voortydige) vreugde tydens 2007 se Super14-eindstryd.
Kyk na die video.

Die boom, die oom en die bakkie
Hoe gemaak as jy 'n groot ou palmboom op jou erf wil ontwortel?
Kyk na die video.

Dié taxi-toneel nie 'n Schuster-streep
Dié toneel kom nie uit 'n Leon Schuster-fliek nie...
Kyk na die video.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |