Piet Loubser het hierdie video uit Nieu-Seeland gestuur. André wou sy bollemakiesie op film vasvang en kry toe meer as wat hy verwag het. Kyk na sy vriend agter hom, met die langmouhemp, se reaksie toe dinge skeefloop. Ma, wat afneem, sien nie deur die lens wat fout gaan en almal, insluitend André so laat skater nie!