Vroue met vietse lyfies en eina uitrustings het vanjaar op die verhoog deelgeneem aan die Mej. Paaldans Suid-Afrika- kompetisie wat vir die tweede keer aangebied is. Kyk na video.
Daar was Sondag, 4 Mei 2008, nie sprake van " 'n uil op 'n kluit" by die Johannesburg-dieretuin nie toe menige voëlkyker die koue getrotseer het om na die uile by die jaarlikse Sasol-voëlskou te gaan kyk.
Oupa M. Nortier wys vir sy kleindogter hy kan nog fietsry.
Rinda Schutte het hierdie video ingestuur van haar man en haar broer se (voortydige) vreugde tydens 2007 se Super14-eindstryd.
‘Wall-to-wall comedy.”Dís hoe Leon Schuster sy tweede Bones-fliek bestempel waaraan hy op die oomblik verfilm.
Beeld.com se video-span op Aardklop het video's vir elke smaak gemaak.
Gemoedere en emosies het hoog geloop nadat die departement van openbare werke glo opdrag gegee het dat sekere huise in die dorpie gesloop moet word.
Herman Verwey, 'n vryskutfotograaf van Beeld in Pretoria, is Maandagaand by die MK89-musiektoekennings saam met die groep Andrè van der Walt vereer vir hul musiekvideo "Beeldskoon is nie goed genoeg nie".
Die Lions Babes wys hul passies op Ellispark. Die Bulls Babes op Loftus.
|
Die Bulls Babes in aksie.
"Die video is geneem tydens absolute chaos toe die mense uit die water gered word; in die agtergrond kan gehoor word hoe een van die vrouens histeries raak..." Foto's van reddingspoging.
Blaas saam teen misdaad. Dít was blykbaar die doel van leerlingspeurders van die Gautengse polisie toe hulle moes saamtrek om te oefen.
Dit is duidelik dat mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier van Zimbabwe, sy laaste vertroue in pres. Thabo Mbeki se vermoë en gewilligheid om die situasie in Zimbabwe te beredder, verloor het.
Oppikoppigangers wat nie gemaklik op vaste grond gevoel het nie, het hulself 'hoog in die takke tuisgemaak' terwyl ander dit moeilik gevind het om wakker te bly...
'n Uittreksel uit die video wat 'n paar Kovsie-studente gemaak het wat rassespanning op die kampus nou op die spits dryf.
Blou Bul ondersteuners kan 'n spesiale 'screensaver' van Blou Bul foto's van die afgelope paar jare hier aflaai.
Hoe maklik is dit om verbode objekte op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Aucklandpark/Kingsway-kampus te bring?
Ons het agter die skerms gaan loer terwyl Nianell en Coenie de Villiers saam met Marius Brouwer gewerk het aan sy nuutste CD, Weerlig oor die see.
Uitlatings van adjunkminister Susan Shabango verlede week dat die polisie moet skiet om dood te skiet wanneer hulle op kriminele mik, het groot reaksie ontlok. Woensdag (17 April 2008) het sy gestaan by haar woorde en dit in die Kaap herhaal.
|