|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
Spreekwoordelike mure is afgebreek op die Brugbou-musiekkonsert op SuperSportpark in Centurion waar Anton Goosen en Steve Hofmeyr die hoof-trekpleisters was.
Vrydagaand was ons in Bohemia, 'n kuierplek in die middedorp. Ons eerste biere was nog in die nekkie van die bottel toe die polisie instorm, met wapens in die hand.
Kyk hoe pronk van 2008 se Super14-rasieleiers (Babes).
Kampus-Beeld het studente gevra om die malste en domste ding moontlik te doen - vir 'n geskenkie, natuurlik.
Sowat 1 500 leerlinge en ander lede van die gemeenskap het Donderdag in Beyers Naudé-rylaan in Randparkrif byeengekom vir 'n stille optog teen misdaad en ter herinnering aan die vermoorde Emily Williams.
Die nuwe Springbok-afrigter, Peter de Villiers, praat met die media oor sy aanstelling.
Tot onlangs toe is mnr. Tokyo Sexwale se naam ook in die ANC-leierskapstryd genoem as 'n buiteperd wat ANC-president kan word. Dit sal duidelik nie meer gebeur nie en tussen die lyne deur lees 'n mens dat Sexwale vir mnr. Jacob Zuma ondersteun. Kyk na video.
Die Beeld.com-span het dié video van Jan en Daniël vir die Beeld-redaksie se jaareindgeselligheid geskiet.
Stuur enige oulike of snaakse video wat jy geskiet het na mystorie@beeld.com. Twee jaar nadat sy vriendin, me. Inge Lotz, vermoor is, is mnr. Fred van der Vyver onskuldig bevind op die aanklag van moord.
Hope modder, onkruid en selfs geld is uit die leeukamp se waterpoele en die ysbere se swembaddens in die Johannesburgse Dieretuin verwyder.
'n Klag van aanranding is by die polisie ingedien nadat Ruhan Jacobs (13) en 'n 16-jarige leering by Die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord in 'n geveg betrokke was.
Idols-beoordelaar Mara Louw het haar teleurstelling met die klankgehalte tydens Sondagaand 28 Oktober 2007 se uitsending op geen onduidelike wyse te kenne gegee nie...
Die Cheetahs het op Vodacompark in Bloemfontein, voor 'n stampvol oranje-getooide skare, die rugbyseisoen afgelsuit deur die Leeus met 20-18 te klop in die Curriebeker-eindstryd.
Wie gaan vanjaar as wenner uit die Curriebeker-indstryd tree? Mr. Bones se dolosse voorspel net een ding...
Anton Goosen en Steve Hofmeyr gaan saam konsert hou by Supersportpark in Pretoria.
Die Springbokke het 'n helde-ontvangs van duisende ondersteuners gekry toe hulle op die O.R. Tambo-lughawe aangekom het.
Die vermaaklikheidskunstenaar Casper de Vries het 'n tydjie afgeknyp om 'n woordjie van bemoediging aan die Bokke te stuur.
Ons wou Leon Schuster vra wat hy meen die Bokke se kanse in die eindstryd is, maar toe kry ons Mr. Bones. En sý dolosse sien net een ding: dis klaarpraat met die Rose!
Dapperes kon Saterdag langs en binne-in die 54 verdiepings van die Ponte-gebou abseil. Sommige was egter dapperder. . .
Die modelle wat in vanjaar se SA Sports Illustrated Swemklere-uitgawe pronk, het tydens die bekendstelling van dié tydskrif vir iets vir die oog gesorg. Video
Daar skort niks met die rugbybal wat in die Wêreldbeker-toernooi gebruik word nie. Dit is die onomwonde uitspraak van die eertydse skopkoning Naas Botha nadat hy self met dié veelbesproke bal pale toe geskop het.
Beeld.com gesels met Frank Rautenbach, wat Hansie Cronjé in die fliek Hansie speel.
Skye, Anton Goosen se hondjie, is deesdae 'n bekende gesig tydens sy vertonings.
Beeld se grafika met behulp van Google Earth se geografiese kaart wys presies waar die leeus uit die Krugerwildtuin ontsnap het.
Die ergste was die geskokte uitdrukking op Bonnie die weimeraner se gesig toe die kapers met haar wegjaag. Maar daar is 'n gelukkige einde - Bonnie is veilig tuis.
Sommige Tukkiestudente kla dat hulle nie lesings kan volg nie omdat hulle nie die Engels kan volg wat hul lektor praat nie.
Wêreldbeker-koors het Suid-Afrika beet...en Leon Schuster blaas dit aan soos net hý kan. Kyk hoe doen hy die "Bokke-haka".
“Vat maar my hand as jy bang word.”
’n 15-jarige seun van die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark het ’n aanrandingsklag teen ’n medeleerling by die polisie aanhangig gemaak ná ’n bakleiery wat ’n klasmaat met ’n selfoonkamera afgeneem het.
Die Springbokke het handtekeninge uitgedeel aan talle getroue ondersteuners voor hul vertrek na Frankryk.
Deon van Wyk het dié selfoonvideo gestuur van 'n hewige hael- en reënstorm Saterdag aan die Wes-Rand. Kyk na nog stormfoto's.
Anargie heers sedert 19 Februarie op die Pretoria-Wes- en Arcadia-kampus van die Tshwane-universiteit van Tegnologie waar tientalle betogende studente eiendom geplunder en gewelddadig teenoor mede-studente opgetree het
'n Wilde skietgeveg tussen rowers en polisie het uitgebreek in die woonbuurt Linden in Johannesburg ná 'n huisroof, jaagtog én 'n kaping.
Dié toneel kom nie uit 'n Leon Schuster-fliek nie...
Die fondamente van die D-Lab Kelder het verlede Woensdag behoorlik geruk toe Straatligkinders tydens die Joolweek se Wyntuin weggespring het.
Dit het 'n jaagtog van meer as 35 km en verskeie skote van die polisie gevat om 'n man wat 'n bus gesteel het, tot stilstand te bring.
Mense wat in die ou Durban Deep-mynhospitaal in Roodepoort woon, het die gebou na bewering Donderdagoggend aan die brand gesteek ná 'n uitsettingsbevel teen hulle.
Jurie Els groet sy aanhangers met sy laaste konsert by Hillfox in Roodepoort.
Die minnesanger, Julio Iglesias, het uiteindelik in Suid-Afrika opgetree nadat sy toer verskeie kere uitgestel is.
'n Verkeersman van Malalane in Mpumalanga word daarvan beskuldig dat hy die 22-jarige mnr. Ruan de Beer aangerand het.
Die trop sal afsonderlik van hul taankleurige vriende aangehou word omdat wit leeus hulself nie kan beskerm teen ander wilde diere nie en net in aanhouding kan oorleef.
Beeld.com het gaan kyk wat by vanjaar se Oppikoppi aan die gang is. Oppikoppi 13: The Way of the Dassie-fees het Donderdag 9 Augustus afskop.
Vyf Springbok-legendes gesels oor vanjaar se Springbokspan en die Wêreldbeker.
Die staking het reeds daartoe gelei dat talle vulstasies Donderdag (2 Augustus 2007) en Vrydag (3 Augustus 2007) drooggeloop het.
Ná landwye oudisies vir vanjaar se Idol is daar uiteindelik net 77 wat deurgedring het na die volgende ronde van Idols 2007. Kyk na die video.
’n Taxibestuurder wat skote op lede van die Johannesburgse metropolisie gevuur het, het ander bestuurders die josie in gehad toe die polisie vir bykans twee ure lank taxi’s voorgekeer en deursoek het.
Beeld.com het die Idols-oudisie in Centurion bygewoon op soek na plaaslike sangtalent. Waarskuwing: Druk maar jou ore toe!
Beeld.com kan voortaan 'n grafiese voorstelling van nuusgebeure maak met die hulp van Google Earth se geografiese kaarte.
Jy moet net 'n paar eenvoudige stappe volg sodat jy die grafika kan sien. Minister Membathisi Mdladlana sê minister Alec Erwin, minister van openbare ondernemings is "buite konteks" aangehaal oor regstellende aksie op 'n mediakonferensie in Londen.
"Jaloersbokkie. Jaloersbokkie. Swaar sal jy kry!"
Die minister van gesondheid, dr. Manto Tshabalala-Msimang, het Donderdagoggend aan 'n gesondheidstaptog in Pretoria deelgeneem.
Woedende inwoners van Bloemhiof het 'n video gemaak wat wys hoe polisielede wild heen en weer in die dorp se strate jaag.
Pretorianers sal ná 2010 moontlik die Gautrein kan gebruik wanneer hulle by die Menlyn Park-winkelsentrum gaan inkopies doen. Kyk hoe vorder die projek...
Die eerste sneeu in Johannesburg in meer as 20 jaar het geval. Dié video is Woensdagoggend omstreeks agtuur in Melville, Westdene en Montgomerypark geneem.
Dié videogreep wys hoe Habana die bal naby die kantlyn diep binne Sharks-gebied ontvang, binneveld toe sny, na regs aftrap en dan versnel om die wendrie met 'n sierlike duikslag te druk.
Die Haaitenk in Durban was Saterdag die plek om te wees toe die Bulls die eerste Suid-Afrikaanse span geword het om die Super 14-reeks te wen. Hulle het die Haaie net-net in die doodsnikke van die wedstryd met 20-19 geklop.
"Ons speel nou kookwater rugby, my sweetheart." Mev. Estelle de Jager, Klapmuts in die Wes-Kaap se grootste Bulls-ondersteuner, kon dié span se vertonings die afgelope paar naweke waarskynlik nie beter opgesom het nie.
Die sogenaamde Waterkloof-4 is elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moord op 'n hawelose man. Hul borg is verleng nadat hulle verlof gekry het om te appelleer teen die vonnis.
Beeld het met 'n paar ondersteuners oor hul menings rondom Saterdag se onderskeie Super14-wedstryde gesels.
Buite die hof het gemoedere onder 'n reuseskare hoog geloop, met talle wat onder meer geskreeu het dat die beskuldigdes die doodstraf opgelê moet word.
Bok van Blerk sê in dié onderhoud hy het nie enige politieke motiewe met sy liedjie 'De la Rey' nie, maar aanhangers maak daarvan wat hulle wil.
'n Beweerde rassevoorval by 'n bekende skool in Oudtshoorn is op video vasgelê. Die opname begin wanneer die seun wat aangeval is, na sy lessenaar loop. Waarskuwing: geweld.
Honderde mense geklee in pienk het Vrydag by die Pretoria-landdroshof betoog om hulde aan die vermoorde Sheldean Human te bring. Andrew Jordaan wat aangekla word op haar moord het vandag in die hof verskyn.
Teen vroeg Dinsdagoggend (22 Mei 2007) het die kwik in dele van die Rand tot -3,5°C gedaal, met die aanvoelbare temperatuur waarskynlik nóg laer as gevolg van die wind.
Me. Bettie Liebenberg, niggie van die vermoorde Sheldean Human, sê op die video die familie het steeds bly hoop dat Sheldean lewendig gevind sou word.
Die skrywer en digter George Weideman het 'n gedig, wat hy 'n "vryheidslied" noem, onlangs geskryf. "Dit het eenvoudig broodnodig geword dat ons op soveel as moontlik maniere protes aanteken, of minstens sê: Stop die geweld!"
Steve Hofmeyr het die ouerhuis van die vermiste Sheldean Human in Erneststraat, Pretoria-Tuine, besoek om haar ouers moed in te praat. Die polisie soek nog onverpoos na die 7-jarige wat spoorloos verdwyn het.
Die skrywer en digter George Weideman het 'n gedig, wat hy 'n "vryheidslied" noem, onlangs geskryf.
"Dit het eenvoudig broodnodig geword dat ons op soveel as moontlik maniere protes aanteken, of minstens sê: Stop die geweld!"
'n Inwoner van Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo het dié video met haar selfoon geneem om te wys hoe polisielede in die aanklagkantoor van die polisiestasie slaap.
Dr. Dan Roodt van Praag, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen was van die bekendes wat toesprake gehou het teen misdaad by die hofsaak van die vermeende moordenaars van die 5-jarige Daniëlle Esterhuizen.
'n Verskyning deur die Maagd Maria met 'n "dringende boodskap dat mense hulle moet bekeer", het 'n 17-jarige meisie van Benoni oornag in 'n "gloofsgeneser" verander.
'n Nota op die deur en 'n doodse stilte binne het niks verklap van die gyselaarsdrama by 'n gewilde restaurant nie.
'n Slinkse dief met 'n lang wolhaarstorie het R12 000 by 'n Pretoriase kleuterskool gesteel. Wat hy nie geweet het nie, was dat die kringtelevisie-kamera aan was.
Leerlinge aan die Hoërskool Florida gee hulle menings oor Vrydag se onderwys-staking.
|
'n Intensiewe polisie-ondersoek het Dinsdag 11 Maart 2008 tot 'n dramatiese einde gekom toe 'n beweerde moordenaar en verkragter tussen 'n woedende skare in sy woonbuurt gearresteer is.
Die hardhandige optrede van die polisie in dwelmklopjagte in drie kuierplekke hier kan 'n draai in die hof maak nadat verskeie partytjiegangers klagte teen die polisie ingedien het.
Verskeie partytjiegangers het klagte ingedien nadat die polisie glo hardhandig opgetree het in dwelmklopjagte op drie kuierplekke in Stellenbosch.
Jandus Knoesen het hierdie video van slaggate op die pad tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom ingestuur.
Chris Chameleon "live" tydens een van vanjaar se Summer Concerts by die Johannesburgse Botaniese tuine.
Nuwe bands van alle genres is besig om uit die hoeke en krake te kruip en hul stemme dik te maak.
'n Afrikaanse liedjie deur 'n jong Kaapse sanger wat derde gekom het in Patricia Lewis se Supersterre-kompetisie is tans in die Top 40 van 'n Britse radiostasie. Kyk na 'n uittreksel uit Anthonie Bougas (15) se weergawe van Jak de Priester se liedjie "Sally Williams Nougat".
Vier drie maande oue jagluiperd-welpies vlieg vanaf die O.R. Tambo-lughawe na die Casela-voëlpark in Mauritius waar hul permanent gevestig gaan word.
'n Groep mense het voor die hof betoog waar vyf verdagtes verskyn het in verband met die dood van mnr. Franz Richter (80).
Beeld.com het saam met 'n paar 2008 mej. Suid-Afrika finaliste by die Zwartkop-renbaan rondgerits.
Lesers wou Lorette Mostert in Survivor Malaysia sien en haar mede-deelnemers het gestem dat sy die R1 miljoen prysgeld wen.
Na amper twee maande in gevangenis het die matriekleerling wat daarvan verdink word dat hy dwelms by die partytjie uitgedeel het waar Lezaan Kriel dood is aan 'n oordosis, gister by die Roodepoort-landdroshof op borgtog uitgestap.
Daar was waarskynlik nog nooit so baie Suid-Afrikaners wat met 'n glimlag in die verkeer vasgesit het nie.
Honderde Springbok-ondersteuners het verlede naweek op die South African Wine & Biltong-kuierplek in Berlyn toegesak om na die Wêreldbeker-eindstryd te kyk.
‘Het jy aan die slaap geraak of het jy die uitgading ‘gegooi?’ ” is die eerste ding wat jy vir Hein Vosloo wil vra wanneer jy hom sien nadat hy uit Survivor South Africa: Malaysia gestem is.
Moeë Bok-helde is deur duisende Springbok-ondersteuners op die O.R. Tambo-lughawe ingewag. Schalk Burger het ook met beeld.com gesels oor sy planne vir die volgende paar weke.
Melville in Johannesburg was een groot partytjie nadat die WB-eindfluitjie Saterdagaand (20 Oktober) in Parys geblaas het.
Die vrolikheid is tot op motordakke uitgebasuin en selfs polisievoertuie is nie ontsien nie.
Poena en Bok van Blerk stuur hul boodskap aan die Springbokke.
Die Springbok-vleuel Habana het in April 2007 as deel van die bekendstelling van die De Wildt-jagluiperd-en-natuurlewetrust se jagluiperd-opsporingsprogram twee van dié katte naby die Hartbeespoortdam die stryd aangesê.
Johannesburgers het Saterdag 13 Oktober 2007 'n seldsame geleentheid gehad om met toue, kop eerste óf voete eerste, binne en buite die 173 meter hoë Ponte-gebou in Hillbrow af te sak en ook te abseil.
Mynderd Vosloo se Boksketse kan ook as 'screensaver' vir jou rekenaar afgelaai word.
Ná 'n eensame geswoeg van ten minste twee dae in 'n kraaines van lusse en boeie is 'n jong suidelike noordkapperwalvis gisteroggend agter Muizenberg se branders losgesny en bevry.
'n Beeldleser was van Aardklop in Potchefstroom oppad terug huistoe toe hy afgekom het op 'n toneel waar drie mans 'n 21-jarige met 'n klip en gebreekte bottel aangerand het.
Die model Minki van der Westhuizen het gister te midde van reëlings vir haar troue wat môre plaasvind, tyd ingeruim om een van haar aanhangers.
Wanneer 'n mens deur die koerante blaai en na gesprekke rondom jou luister, is dit kompleet soos die slegte jare 70.
Amanda Strydom het skare vermaak tydens Newtown se eerste Afrikaanse musiekfees - Hoezit 2010-musiekfees.
Nie Waylon Murray van die Haaie of of Marius Joubert van die Cheetahs nie, maar 'n Blou Bul gaan die beseerde Jean de Villiers in Suid-Afrika se Wêreldbeker-rugbygroep vervang.
Miskien het jy al 'n dagdroom of twee gehad oor hoe dit vir jou sou voel agter die stuur van 'n motor soos die M3. Miskien het jy al gewonder hoe dit sou voel om 'n ruimtereisiger te wees. Wie weet, miskien droom jy oor albei.
Pieter Oosthuizen van Beeld het 'n deel van die avonturier Kingsley Holgate se jongste humanitêre ekspedisie - om die buiterand van Afrika - meegemaak.
Tientalle rugby-geesdriftiges het die Springbokke by O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park gaan afsien net voordat hulle Frankryk toe sou vlieg.
Hierdie video is onlangs in Houtbaai geneem. Volgens die vissermanne het hulle dié rob opgemerk met 'n tou om sy nek.
Hierdie video-insetsel het op YouTube verskyn en Beeld.com wil graag meer weet van dié "tree-felling gone wrong"...
Lesers se kommentaar onderaan.
"...so 'n mooi meisie, so onskuldig..."
Video: Razelle Botha praat oor Emily Williams. Op 'n aand waarop die weer volmaak op 'n volgepakte Loftus Versfeld saamgespeel het, het die Kanadese superster Céline Dion Saterdag haar wêreldwye Taking Chances-toer voortgesit nadat dit verlede Donderdagaand amptelik in die Coca-Cola Dome in Johannesburg afgeskop het.
“Eisj!” Dít is die uitdrukking wat die sangeres Céline Dion gebruik het nadat die Soweto Gospel Choir, wat pas sy tweede Grammy ingepalm het, haar met ’n lied in die land verwelkom het.
Pandor lees eed voor.
Idols-aanhangers kan solank regskuif, want Sondagaand skop die 12 mans-finaliste se optrede voor 'n gehoor af. Kykers kry ook die geleentheid om vir hul gunsteling te stem. Kyk na 'n video van die groep mans-finaliste wat elkeen praat oor wat hulle Sondag gaan sing.
Honderde mense het opgeruk na die hof waar die vermeende moordenaars van 'n 5-jarige meisie wat in haar ma se arms doodgeskiet is verskyn het. Hoe voel hulle oor die misdaadsituasie in die land?
Beeld-redaksielid Ferdi Greyling het 'n selfoonvideo geneem van straatligte wat Dinsdagoggend (22 Januarie) omstreeks 10:15 nog gebrand het.
Skillie die skilpad is baie lief vir sy ounooi. Roep sy hom, kom hy aangehardloop (rerig!) van waar hy ook al in die tuin besig is. Dan loop hy heeltyd agter haar aan. Skillie is twintig jaar gelede gered toe hy al reggemaak is vir die kospot.
Die manstydskrif FHM se kalender vir 2008 is bekend gestel.
Besoekers by Gold Reef City-temapark kon Sondag 19 Augustus 2007 letterlik terug gaan in tyd en 'lewendige' dinosourusse ervaar.
'n Beeldleser kon vanuit sy kantoor sien hoe Eskom-werkers in Sandton hoenders uit 'n vertrek tel en in hokke plaas. Die hoenders se vere is glo kort daarna gepluk en hulle is net daar geslag.
In 'n sitkamer wat soos wierook ruik, met skuifdeure waarop prentjies van engeltjies geplak is, vergader die dooies in siener Marietta Theunissen (51) se huis met die hoop om met hul geliefdes kontak te maak.
Die sowat 1 500 gesinne van Bonaero Park in Kempton Park wie se huise uitgekoop gaan word om vir 'n nuwe aanloopbaan vir die O.R. Tambo-lughawe plek te maak, kan vir eers ontspan aangesien dié transaksies glo eers in 2015 gaan plaasvind.
Voornemende, sowel as gesoute modelle moes bewys dat hulle hul passies ken om die nuutste Suid-Afrikaanse skeppings gestand te doen.
Bapsfontein gons oor die groot sinkgat wat vroeër dié week hiér ingesak het.
Beeld se grafika met behulp van Google Earth se geografiese kaart verduidelik hoe die vliegramp in São Paulo plaasgevind het.
Nelson Mandela was sy groot inspirasie, sê oudpres. Bill Clinton van Amerika.
'n 70-jarige vrou is in die nag aangeval en erg aangerand in haar huis in 'n veilige kompleks in Johannesburg.
Rosie is nie jou gewone troeteldier nie en sy is al meer as 'n handvol.
'n Klagte teen 5fm oor 'n uitsending waarin omroeper Gareth Cliff 'n nuusinsetsel van 'n huilende winkeleienaar snaaks gevind het, het misluk. Cliff, wat voorheen deur die SAUK oor dié voorval geskors, lewer kommentaar nadat die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) in 5fm se guns beslis het.
Sy kritici (veral dié uit Australië) bewys hom weer reg, sê Deon Maas.
Kyk hoe het Bezuidenhoutpark in Johannesburg gelyk ná Dinsdag 26 Junie se sneeu.
Die gebrul van ongeveer 2 000 motorfietse, meestal Harley Davidsons, het Dinsdag 19 Junie laaste hulde gebring aan een van hul eie...
Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo gons behoorlik ná 'n slanery tussen leerlinge tydens 'n skole-rugbywedstryd tussen Hoërskool Warmbad en Hoërskool Nylstroom.
Heinie Adams sê 'n gebed op na die oorwinning oor die Sharks in Saterdag se Super14-eindstryd.
Kyk hoe maak Bulls-sterre soos Bryan Habana, Wynand Olivier en Bakkies Botha litte los op Loftus ter voorbereiding vir 19 Mei se Super14-eindstryd in Durban. Die skrumskakel Fourie du Preez, wat die halfeindstryd teen die Crusaders weens 'n besering misgeloop het, het saam geoefen.
Op die stampvol Loftus was daar Saterdag nie een teleurgestelde Bulls-ondersteuner nie ...
"Ma ek is lief vir jou." Dít was al wat 'n emosielose Dina Rodrigues (25) in die beskuldigdebank in die hooggeregshof aan haar ma gefluister kon kry.
Buite die hof het die Solidariteit Helpende Hand-fonds se Beskerm ons Kinders-projek meer as 1 000 teddiebere - een vir elke kind wat jaarliks in Suid-Afrika vermoor word - uitgestal.
"As ek my fan-mail lees, kom ek agter die mense daar buite besef waaroor dit ('De la Rey') gaan..."
Die sentrale besigheidsgebied in Johannesburg het Sondag 25 Maart gedreun en geskud toe drie geboue met plofstof gesloop is.
Bring die die doodstraf terug, was die boodskap van bekendes soos Llewellyn Herbert en Mel Botes wat Vrydag by die Pretoria-landdroshof teen misdaad betoog het. Andrew Jordaan, wat aangekla word op die moord van Sheldean Human, het vandag in die hof verskyn.
Die skrywer en digter George Weideman het 'n gedig, wat hy 'n "vryheidslied" noem, onlangs geskryf.
"Dit het eenvoudig broodnodig geword dat ons op soveel as moontlik maniere protes aanteken, of minstens sê: Stop die geweld!"
Sedert die lykie van die sewejarige Sheldean Human gevind is, het mense na die gesin se huis in Erneststraat in Pretoria Tuine opgeruk. Hul huis is van Dinsdag af oorval met blomme en boodskappe van medelye.
Rowers wat vandag die Standard Bank in Atlasville, Boksburg, beroof het, is op die video vasgvang terwyl hulle met 'n AK47-geweer in die hand wegjaag.
Die SA krieketspan het Woensdagaand (28 Februarie) na die Wes-Indiese Eilande vertrek waar hulle aan die Wêreldbeker-kriekettoernooi deelneem. Manfred Zwecker was op die O.R. Tambo-lughawe waar ondersteuners Graeme Smith en sy span afgesien het.
Die akteur Erik Holm het sy vriend gevra om die gebeure op video vas te lê toe hy sy nek gebreek het.
Net omdat hy niks gehad het om vir drie rowers te gee nie, het hulle hom bewusteloos geslaan en albei sy oorskulpe afgesny.
Almal weet al hoe klink 'De la Rey', maar kyk hoe sing Bok van Blerk op die stage voor honderde aanhangers.
Dié drama het eergisteraand (Saterdag) met 'n skokgranaat en geweerskote geëindig toe die verdagte, wat geweier het om hom ná onderhandelings aan die polisie oor te gee, doodgeskiet is.
Die skoolhoof van Hoërskool President gee sy mening nadat 'n groep stakendes hom in sy kantoor by die die skool geïntimideer het.
'n Man en 'n 4-jarige dogter is hier koelbloedig doodgeskiet en 'n vrou ernstig gewond terwyl hulle gisteraand huistoe gery het ná 'n besoek aan 'n restaurant.
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|