' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ontsluit jou eie bron van energie en vervulling
Apr 21 2008 06:59:24:830PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Annie Coetzee se nuwe boek, Are you connected?
Die kreatiwiteitskenner Annie Coetzee het pas ?n nuwe boek op die rak wat jou nuut gaan laat dink oor jou hart se energie, berig Alita Vorster.

Die antieke wysgere was glad nie verkeerd toe hulle die hart beskryf het as ’n bron van waagmoed, wysheid en krag nie, sê die kreatiwiteitskenner Annie Coetzee in haar nuutste boek.

In Are you connected? wil sy mense bewus maak van die innerlike energiebron waaroor almal beskik, maar soms totaal onbewus van is.

Jou hart.

Soos die mens ontwikkel het, is daar mettertyd groter klem gelê op die brein en in die proses het die hart amper heeltemal in die slag gebly.

Coetzee se nuutste skrywe, ’n selfontwikkelingsboek, fokus sterk op die krag van die hart.

Die boek is gegrond op Coetzee se jare lange navorsing en bestudering van die menslike energiestelsel.

Sy het tot die slotsom gekom die hart bied ’n sagter, meer beskeie manier om met jou eie liggaam ’n band te vorm, wat dit dan makliker maak om groot krisisse te oorkom en drome en doelstellings te laat realiseer.

Daar is duisende selfontwikkelingsboeke op die mark en mense maak toenemend gebruik van lewensafrigters en terapeute om hulle deur krisisse te help.

Tog is daar steeds mense wat sê hulle leef, ondanks al hul pogings en hulplyne, nie ’n vervulde lewe nie.

Coetzee het hiervoor ’n eenvoudige verklaring.

“Wanneer mense aktief probeer om sekere doelwitte na te streef, en hulle het boonop die regte plan om te volg, is daar net een verklaring waarom hulle misluk. Hulle gebruik bloot nie die regte instrument nie.”

Energie is die spilpunt

Ons beleef tans ’n energiekrisis soos min, wat veroorsaak dat meer mense van energiebronne bewus word.

Maar alles om ons en in ons is energie. Dit is ook daardie energie wat jy uitstraal wat onsigbaar, maar voelbaar is.

Ongelukkig straal alle mense nie positiewe energie uit nie. Ander se negatiewe energie het ook ’n uitwerking op jou. Deur hul negatiewe opmerkings en emosies kan hulle jou in ’n boks vaspen.

Maar wanneer jy regtig die energie gebruik wat in jou liggaam beskikbaar is, is dit moontlik om uit die boks te klim.

Terselfdertyd is elke gedagte wat jy dink energie, wat weer ’n primêre vorm van krag en beweging word.

Coetzee vra in haar boek ’n rigtinggewende vraag.

Hoeveel keer per dag het jy gelukkige gedagtes in jou kop?

Die meeste mense se gedagtes is voortdurend besig met dinge wat hulle nie wil hê nie. Die ironie is dat dit wat jy nie wil hê nie, juis makliker manifesteer omdat jou gedagtes energie is wat skeppend te werk gaan.

Fokus op jou visie

As jy dit kan regkry om in verbinding te bly met die suiwer energie wat van binne af kom (die meeste daarvan uit jou hart uit), moet jy ook jou visie teen negatiewe insette beskerm.

Daar is dikwels mense in jou lewe wat onseker, kwaad en bitter is en negatief oor die toekoms voel. Hulle gaan probeer om hul eie gevoel van minderwaardigheid en negatiwiteit op ander te projekteer. Dis belangrik om so iemand uit jou lewe te sny, of ’n denkbeeldige muur op te rig sodat sy negatiewe energie nie jou positiewe energie gaan dreineer nie.

Sjuut!

Soms is dit nodig om stil te bly.

In woorde lê daar meer opgesluit as betekenis. Dit kan inderdaad tot seën wees, maar soms kan jou woorde vir jouself of iemand anders vernietigend wees. Plaas liefs die Bybelse wag voor jou mond. Bly liewer stil as jou hart vol negatiewe en afbrekende gedagtes is. Om agterna die skade ongedaan te maak wat negatiewe woorde aangerig het, is net te pynlik.

Voel

Span jou emosies in om kreatiwiteit te ontlok.

Coetzee sê die dae dat jy nie toegelaat is om jou gevoelens saam te neem na ’n geselligheid of vergadering nie, is verby. Jy moet in voeling wees met jou emosionele dieptes om só die kragtige en kreatiewe magte in jou te ontsluit.

Gevoelens is niks anders nie as chemikalieë wat jou kan help of kan seermaak.

Gevoelens of emosies word met jou verstand en jou liggaam uitgedruk en is ’n ondervinding wat die hele liggaam betrek.

Kyk byvoorbeeld hoe jou liggaam op emosies reageer:

  • ’n Knop in die keel

  • ’n Knop op jou maag

  • Vel wat jeuk

  • ’n Rug wat styf word.

  • Iets wat soos ’n las op jou skouers voel.

  • Maagkrampe

  • Hoofpyne

  • Hartkloppings

  • Asemnood

  • Naarheid en diarree

  • Intense moegheid

  • Onttrekkingsimptome soos wanneer die liggaam net wil ophou funksioneer.

    Dit is alles boodskappe van emosionele inligting en impulse wat jou lyf vir jou stuur.

    Om kreatief te kan lewe moet jy weet hoe om hierdie emosionele impulse te rig en jou hart en verstand te gebruik om jou te help om dit te stuur in die rigting van kreatiewe aksie en gedrag.

    Jou hart se krag

    Die brein is nie naastenby so energiek soos die hart nie. Wetenskaplike navorsing het bevind die hart het 5 000 keer meer elektromagnetiese krag as die brein.

    Jou hart is sensitief vir elke ?stres- volle, sowel as aangename ondervinding. Die hart is die setel van jou emosies, jou gesondheid, jou drome en visie.

    Wanneer jy iets met jou hele hart glo, is dit sterker as om dit net te verstaan, want jy sal eers iets met jou hart glo as jy lank daaroor nagedink en besin het.

    Jou hart is soos die dirigent van die energie in elke liggaamsel. Jou hart is in staat om die energie wat jy vrystel te gebruik om jou brein en liggaam te verbind sodat dit in sinchronisasies kan werk.

    Dit kan egter net gebeur indien jy dit toelaat om te gebeur en bewustelik daarop fokus.

  • Are you connected? word uitgegee deur Corals Publishers. Skakel 016 982 4231 vir navrae.

    Besoek Coetzee se webwerf by www.anniecoetzee.co.za.

    Luister na jou hart Hoe kan jy na jou hart begin luister?

  • Word iemand wat gevoelens toelaat;

  • Maak jou pas stadiger;

  • Ontwikkel jou humorsin;
  • Bly soms stil;

  • Luister na God se stem;

  • Maak kontak met die mense vir wie jy lief is en mee saamwerk;

  • Wees 'n heel mens en nie net 'n skaduwee nie. Lag, ontspan en wys jou belangstelling;

  • Wees lief vir jou hart en besef jou hart wil jou met die lewe in al sy volheid in verbinding bring; en

  • Wees dankbaar vir elke seëning in jou lewe; sien dit raak.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |