Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hoe sal jy jou kind in die wêreld wil bring?
Kraam of keiser? Die voorneme om ’n kind in die lewe te bring is ’n groot en verantwoordelike besluit, maar ook ’n wonderlike vooruitsig. ’n Dokter en die vrou self moet gedurende die swangerskap die ma en die baba se gesondheid en veiligheid noukeurig monitor op ’n wyse wat haar liggaam en psige die beste pas. Maar dit is die besluit oor hoe die baba in die lewe gebring gaan word, waarmee mense worstel. Daar is ’n vurige debat oor watter een die beste en veiligste prosedure is. Elkeen hou sy eie risiko’s en voordele in. Natuurlike geboorte Die kraamproses se fases kan sowat 20 uur duur totdat die vrou volledig ontsluit is en gereed is om die lewe te skenk. As die vrou nie na wens vorder nie, kan hulpmiddels soos tange en suiers gebruik word om die baba uit te help. Met gevaarlike komplikasies kan dit nodig wees om ’n noodkeisersnee uit te voer. Keisersnee Afgesien van ’n noodkeisersnee, beplan baie vroue vroegtydig ’n keisersnee. Dit is gerieflik, mense is bang om hul huise snags te verlaat sou die vrou se water breek en vir baie is net die idee om ’n baba uit te druk en die pyn wat daarmee saamgaan, vreesaanjaend. ’n Keisersnee is ’n groot operasie met komplikasies wat met buikchirurgie en narkose gepaardgaan. Dit kan weke neem om te herstel. Luidens ’n onlangse artikel in Fit Pregnancy verkies gemiddeld 20% van alle vroue ’n keisersnee, maar dié syfer styg tot 60% in die private sektor met tot 16 uit 19 vroue in een kraamsaal wat op een dag ’n keisersnee ondergaan. Hulle voer redes soos die vigspandemie aan, asook die feit dat vroue verkies om op ’n baie later ouderdom kinders te hê. Epiduraal Dit is die versperring van die senuwees in die epidurale ruimte. ’n Plaaslike narkosemiddel word gebruik om die onderste deel van die liggaam te verlam sodat die vrou nie pyn voel nie. Dit neem tussen 10 en 15 minute om te werk. Die vrou kan dit ook, soos benodig, met ’n knoppie toedien, maar sy kan nie rondbeweeg nie. Watergeboorte Volgens baie is dit die ideale keuse omdat die baba van een waterme-dium na ’n ander gebore word. Die vrou kan in en uit die water klim totdat sy gereed is om te kraam. Die warm water verlig ook die pyn. Bang vir kraam? Hoekom is vroue te bang om hul eie kinders te baar? Volgens dr. Gail Blake, ’n Stellenbosse dokter, is die gawe om kinders te baar ’n voorreg wat niemand ’n vrou moet ontneem nie. “Dit is nie omdat ons chocolate brownies kan maak dat ons godinne is nie. Dit is die feit dat ons kinders kan baar,” sê sy oor natuurlike geboorte. Maar volgens haar is daar bewys dat dié belangrike besluit te veel deur eksterne invloede (geldelik en gerieflikheidsgemotiveerd) oorskadu word. “Die vrou gee haar besluitneming prys. Dit is nie net die ginekoloog nie. Het iets in die vrou se psige verander dat keisersnee die norm begin word? “Die baba se skedel skuif oormekaar wanneer hy uitkom. Die vrou moenie dink sy werk alleen om die baba uit te kry nie – hy werk nét so hard!” Pyn moet volgens haar ook nie die rede wees waarom vroue nie normaal wil kraam nie, aangesien moontlikhede beskikbaar is wat pyn verlig. Vroue in Japan gebruik tot akupunktuur. “Vroue is dalk bang vir die pyn, maar jy gaan nooit al die pyn kan ‘weggee’ nie. Ek betwis nie dat kraam nie komplikasievry is nie, maar ek betwis dit dat keisersneë verkoop word as iets wat komplikasievry is.” Dit is jou kop wat kraam; nie jou liggaam nie, glo Blake. Vroue in hoërisikogevalle (vanaf 40-jarige ouderdom) kan meer sonars nodig hê buiten dié op 14 weke en 21 weke waarin seker gemaak word daar is geen Downsindroom of kognitale abnormaliteite nie. “Op 36 weke is jy sowat 85% seker daar is geen probleme met jou baba nie. Jou baba is gesond; jy is gesond. Hoekom dan ’n keisersnee hê en ’n toeskouer wees met jou baba se geboorte? “Daar heers ’n wanindruk dat ’n keisersnee ’n klein operasie is: Die dokter skuif jou spiere opsy om deur séwe lae weefsel te sny.” Tydens die kraamproses skei die vrou se liggaam streshormone af wat die baba met die geboorteproses help – ook om van vog in sy longe ontslae te raak. Keisersnee-babas loop die gevaar om natlongsindroom te kry, wat asemhalingsprobleme skep. Dít is een van die redes waarom ’n pediater tydens ’n keisersnee teenwoordig moet wees, verduidelik Blake. “ ’n Keisersnee moet gedoen word voordat die vrou kraampyne begin kry en die operasie word dus vanaf 37 weke bespreek. “Daar is meer bloed by ’n keisersnee, maar met ’n normale geboorte vloei net die adrenalien en sorg dit dat jy ná die tyd op ’n natuurlike high is! Dis ’n onherhaalbare ondervinding! Maar die kraamproses kan nie aangejaag word nie. “Jy’t nie aaneen pyn nie, net met die sametrekkings. En dit is nie ’n vreemde gevoel nie – dis soortgelyk aan menstruasiepyne. En jy’t ’n totale distorsie van tyd – alles voel vinniger. Die pyn nadat jy ten volle ontsluit is, is erg! So, druk die pyn weg vir die baba om vorentoe te beweeg. Dis soos rotsklim – los die een rots om die ander een te gryp en stadig vordering te maak.” Voordele en nadele Voordele van natuurlike geboorte Nadele van natuurlike geboorte Voordele van keisersnee Nadele van keisersnee
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|