' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Dit kán met jou ook gebeur!
Apr 27 2008 05:50:17:357PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Al die genoemde wenke en nog meer is in dié handboek, wat saam met Cosmopolitan se Mei-uitgawe versprei word. Foto: Cosmopolitan

Is jy paraat genoeg? Kan jy jouself verdedig? Cosmopolitan het in sy jongste uitgawe 'n handleiding oor selfverdediging wat jy moet lees. Liezel Joubert het dié boek onder oë gehad en met 'n selfverdedigingspesialis gesels.

Dis nooit jou skuld as jy aangeval word nie, maar dit is jou verantwoordelikheid om jou risiko’s te beperk.

So sê me. Sanette Smit, selfverdedigingspesialis met sewe swart gordels in karate agter haar naam.

Smit het in 1978, nadat sy haar derde swart gordel gekry het, navorsing oor verkragting gedoen en tóé al besef dit gaan ’n krisis in Suid-Afrika word.

Deur met verskeie verkragtingslagoffers te gesels, het sy goeie wenke gekry van wat moontlik kon gewerk het as verdediging tydens die aanvalle.

Saam met haar agtergrond in karate bied sy nou selfverdedigingslypskole oor die land heen aan.

Om verantwoordelikheid te neem vir jou eie veiligheid beteken volgens Smit onder meer om te alle tye jou motordeure gesluit te hou met die ruite nie meer as 3 cm oop nie; afgesonderde plekke te vermy en diefwering by jou huis te hê, asook die beste slotte wat jy kan bekostig.

“Vroue moenie naïef wees nie. Hulle glo ander mense dikwels te maklik en dink nie aan die gevare nie. Baie vroue verkeer ook onder die illusie dat hulle nie verkrag sal word nie, dat dit net met ander vroue gebeur. Daarom is hulle nie so paraat as wat hulle moet wees nie en nie bewus van wat rondom hulle aangaan nie,” sê Smit.

As sy vir vroue net een stukkie raad sou kon gee, sou dit wees om hul intu?ïsie te vertrou.

“Alle vroue het dit, maar die meeste ignoreer dit. As jy byvoorbeeld in die pad afstap en ’n onbekende man kom in die teenoorgestelde rigting gestap, sal die slim ding om te doen wees om om te draai en vinnig na veiligheid te hardloop. Vroue is egter bang wat mense van hulle gaan dink as hulle só reageer (netnou is hy nie ’n verkragter nie en dink dan jy is simpel) en vat dan eerder die kans om verby hom te stap.”

Sy sê as jy ongemaklik voel oor ’n man, partytjie of situasie waarin jy jouself bevind, moet jy dit nie afmaak as niks nie, maar daarvolgens optree.

Volgens Smit kom aanvalle in twee vorme: Die “blitsaanval” is vinnig, onverwags, gewelddadig en aggressief. “Veg onmiddellik terug en doen dit met alles wat jy het,” sê Smit.

Die tweede vorm is die “vertrouens-aanval”. Hier probeer die aanvaller jou vertroue wen deur byvoorbeeld aanwysings te vra. Sodoende verslap jy jou waaksaamheid en dan val hy aan.

“Commitment om te oorleef is noodsaaklik in ’n aanvalsituasie,” sê Smit.

“As terugbaklei die enigste opsie is, moet jy jouself daartoe verbind om so hard te slaan as wat jy kan en nie op te gee nie. Jy het die voordeel van verrassing aan jou kant omdat jou aanvaller nie verwag jy gaan terugbaklei nie. Gebruik dit.”

Sy sê vroue moenie hulself onderskat nie.

“Laat die tier in jou uitkom. Moenie terughou nie en neem jou mag terug.”

  • Sanette Smit gaan Cosmopolitan se selfverdedigingslypskole in Augustus en September aanbied.

    Skakel 011 262 3244 om jou plek te bespreek of stuur ’n e-pos aan events@cosmopolitan.co.za.

    Besoek ook Smit se eie webwerf by www.selfdefence.co.za of stuur ’n epos aan smit@selfdefence.co.za om meer oor haar slypskole uit te vind.

  • Aanvullende bron: Cosmo kicks butt self-defence handbook

    Tref waar jy kan

  • Slaan die sensitiewe dele: sy neus, keel, oë, ore, tussen die bene, rug, nek, die brug van sy voet en sy knieknoppe. As jy een nie kan bykom nie, mik vir ’n ander een. Moenie energie mors op dele soos sy bors waar jy nie baie impak sal maak nie.

  • Gebruik jou liggaam as ’n wapen: jou hande, voete, elmboë, kop, knieë en (as laaste uitweg) jou tande.

  • Gebruik wat ook al jy by jou het as ’n wapen, byvoorbeeld jou motorsleutels, pepersproei, lyfsproei, ’n pen of enige ander skerp voorwerp. Smit sê al kry jy net een tegniek wat werk, gee dit jou ’n kans om te ontsnap.

    Waardevolle wenke

    As dit donker is: Hou ’n klein flits in jou handsak om jou motor- of huissleutels te soek vóórdat jy loop. Deur te vroetel vir jou sleutels, is jy ’n maklike teiken.

    Iemand in jou huis: Moenie paniekerig raak nie. Probeer die situasie opsom en wees stil. As jy nie ’n ontsnaproete het nie, stoot tafels of stoele voor jou kamerdeur en bel die polisie of veiligheidsmaatskappy.

    Werk voor die tyd ’n ontsnaproete uit of bring ’n kas in die huis aan met ’n slot aan die binnekant waarin jy kan wegkruip. Die beste is voorkoming: Bring veiligheidshekke en ’n alarmstelsel aan en dui groot voor jou huis aan dat jy deur ’n maatskappy beskerm word.

    Kapings: As jy nie uit die motor kan klim nie en hulle aandring daarop dat jy verder ry, ry so vinnig moontlik, sê Melinda Brussow van Arrive Alive. “Dit sal mense bewus maak dat iets nie pluis is nie en iemand sal dalk die polisie kontak.”

    Smit sê sy sal selfs probeer om uit die motor te spring. “Dit is dalk gevaarlik, maar jou kanse op oorlewing is moontlik beter as wat hulle jou iewers heen neem waar jy verkrag en vermoor kan word.”

    By jou motor: Moenie op jou selfoon praat op pad na jou motor toe nie en wees op die uitkyk vir verdagte persone. Bêre altyd jou handsak in jou kattebak en kyk agter jou sitplekke of daar niemand wegkruip nie.

    Op ’n afspraak: Vertel ’n vriendin waarheen jy gaan en hoe laat jy beplan om terug te wees as jy op ’n toe oë-afspraak gaan of saam met iemand wat jy nie so goed ken nie. Gee haar ook die man se naam en kontaknommer. Ry self na die afspraak toe en loop as jy ongemaklik voel.

    In die buitelug: As jy gaan draf of stap, doen dit met selfvertroue. Moenie jou iPod se musiek so hard sit dat jy nie bewus is van wat rondom jou aangaan nie. Dra gemaklike skoene – om makliker te kan weghardloop.

    Onthou . . .

  • dat jy dalk sterker is as wat jy dink en jou aanvaller ook swakpunte het.

  • om nooit jou aanvaller te onderskat of hom ’n kans gee nie, al smeek hy jou om op te hou slaan.

  • om kalm te bly as jy aangeval word. Bly soepel en dink vinnig.

  • om die beste van jou situasie te maak: moet jy baklei, jouself daaruit probeer praat of skree en weghardloop?

  • om nooit jou aanvaller te vertrou nie.

    Noodnommers

  • 24-uur noodnommers: 107 (landlyn) of 112 (selfoon); polisie 10111; ambulans/brandweer: 10177


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |