' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Kinders se ontbytkos ongesonder as ouers s’n, wys peiling
Apr 30 2008 07:36:37:287PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Ontbytkos vir kinders is ongesonder as dié vir volwassenes.

Boonop het dié wat die aggressiefste aan kinders bemark word, die laagste voedingswaarde.

Dié inligting het aan die lig gekom in ’n nuwe ontleding van 161 soorte ontbytkos deur navorsers van die Yale-universiteit in die VSA en is in die joernaal van die Amerikaanse voedingsvereniging gepubliseer. “Die ontbytkos wat die ouer eet, is waarskynlik beter as dié wat sy kind eet,” het dr. Marlene B. Schwartz, hoofnavorser, gesê.

Schwartz en haar span het ook bevind die gesondheidsbewerings wat oor kinders se ontbytkos gemaak word, is dikwels misleidend. Ontbytkos wat as “laevet” of “laag in suiker” verkoop word, het nie minder kalorieë nie. En terwyl handelsname wat as “volgraan” beskryf word meer vesel bevat, het dit net soveel sout, suiker en vet as ander soorte ontbytkos.

Uit die 161 soorte is 46% aan kinders bemark. Ontbytkos is in dié kategorie geplaas as daar ’n karakter op die boks, speelgoed of speletjies in die boks is of die maatskappy se webwerf dit as ’n ontbytkos vir kinders lys.

Ontbytkos vir kinders het meer suiker, natrium, koolhidrate en kalorieë per gram as die ander, asook minder proteïen en vesel.

In die ontbytkos vir kinders is suiker gemiddeld meer as een derde van die gewig, teenoor minder as ’n kwart vir volwassenes s’n.

Ouers wat gesonde ontbytkos vir hul kinders soek, moet soorte kies met 4 g (ongeveer ’n teelepel) suiker of minder in ’n porsie en 4 g vesel per bakkie kos, het Schwartz gesê. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |