' 'n Kankerpasiënt moet déélneem'
Dr. Ivan Cohen het nie gedink hy gaan lewend wees wanneer sy boek verskyn nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ritalin kan keer dat bejaardes val, bevind navorsers
May 04 2008 05:37:10:900PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

New York. – Die neem van Ritalin, medisyne wat gebruik word vir die behandeling van aandagafleibaarheid, kan bejaardes se risiko om te val verlaag omdat dit hulle help om skerper te fokus.

Dr. Jeffrey M. Hausdorff, die leier van ’n span Israelse navorsers, sê bejaardes het ná net een dosis Ritalin reeds baie meer beheers geloop en beter gevaar in ’n standaardtoets wat jou risiko om te val, meet.

Die navorsers sê die uitslag bevestig ’n denkrigting in mediese kringe dat om te stap nie ’n eenvoudige, ?outomatiese taak is nie.

Veral bejaardes het ’n hoër vlak van kognitiewe funksie en aandag nodig om teen ’n gelyke pas te stap.

Om te val, is een van die hoof?oorsake van beserings en dood onder bejaardes. Net die helfte van bejaardes wat ná ’n val in die hospitaal opgeneem word, leef ’n jaar later nog.

Die navorsers het vir hul studie ’n groep van 26 gesonder bejaardes wat onafhanklik lewe, gevra om take te verrig wat hulle in ’n hoë risiko geplaas het om te val.

Nadat die bejaardes Ritalin geneem het, het hulle baie beter gevaar in ’n “tydtoets”. Die toets behels dat ’n mens opstaan van ’n stoel, 3 m ver teen ’n normale pas stap, omdraai, terugstap na die stoel en weer gaan sit. Hoe meer kere jy die toets herhaal, hoe groter word jou risiko om te val.

Hausdorff sê dit is nogal boeiend om te dink jy kan die risiko om te val verlaag deur ’n pil te sluk. Die navorsers wil nog inligting insamel om vas te stel wat die doeltreffendheid en veiligheid van die behandeling op lang termyn is. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |