Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dood onvermydelik op jou pad
Dr. Isak Burger se blitsverkoper Die eerste 5 minute na die dood het mense se lewens omgeswaai. Nou bied die opvolgboek, Die laaste 5 minute vóór die dood, nog antwoorde op tergende vrae. Ná vier jaar op die rakke staan die verkope van die Afrikaanse eksemplare van Burger se Die eerste 5 minute na die dood op bykans 43 000. Die verkope van die Engelse vertaling staan reeds op meer as 50 000. Burger is ’n rubriekskrywer en die skrywer van verskeie boeke. Hy het ’n studie gemaak van die dood. Met sy navorsing het hy besef mense is gefassineer en bevrees oor wat in die eerste vyf minute ná die dood gebeur. Ná die eerste boek was die behoefte groot om die raaisels van die vyf minute voor die dood op te los. Waarop fokus Die laaste 5 minute vóór die dood? Die laaste woorde van 53 bekende mense – van ateïste tot diep gelowiges – is in die boek opgeneem. ’n Hele aantal ongelowiges en ateïste het ’n ander deuntjie op hul sterfbeddens gesing en hul sondige lewens en ontkenning van God met berou bely. Ek het egter nie één Christen-gelowige in die geskiedenis teengekom wat op hul sterfbed berou gehad het dat hulle die Here aangeneem en gedien het nie. Dit is dwaas om nie ernstig kennis te neem van mense se laaste vyf minute voor die dood nie. Die eerste 5 minute na die dood was ’n blitsverkoper. Het u dit verwag? Wat verwag u van die verkope van Die laaste 5 minute vóór die dood? Ek dink die merkwaardigste aspek van Die eerste 5 minute na die dood is nie soseer dat dit ’n blitsverkoper was nie – daarvan is daar kort-kort een op die mark – maar dat die verkope nie afplat nie. Dis nou presies vier jaar gelede dat die boek uitgekom het en dit moet steeds elke paar maande herdruk word – en dit sonder noemenswaardige mediablootstelling of advertensieveldtogte. Dis hoofsaaklik vanweë word of mouth. Dis ook ’n boek wat die meeste mense vir ander gee om te lees as hulle self daarmee klaar is. Die boek is gebore uit ’n preek wat ek jare terug vir die eerste keer gepreek het oor die verhaal van die Ryk Man en Lasarus in Luk. 16:19 en wat oor die jare aansienlik gegroei het. Die belangstelling en impak van die preek oor die jare het my laat glo dat dit in boekvorm wel ’n goeie verkoper kan wees, maar die verkope het selfs my stoutste verwagtinge oortref. Waar het die inspirasie vir Die eerste 5 minute na die dood vandaan gekom? Ek het baie jare gelede gelees van ’n predikant wat tydens iemand se ter aardebestelling gesê het: “Die belangrikste oomblikke in ’n mens se lewe is die eerste vyf minute ná die dood.” Dit het my aan die dink gesit. Sê nou daar ís ’n God en die Bybel is waar en Jesus het regtig kom sterf om ons van ons sondes te verlos en daar ís ’n lewe ná die dood – en die ongelowige of godloënaar sterf – wat dan? En wat van die Christengelowige? Wat gaan sy ervaring wees oomblikke ná hulle dood as hulle uitvind dit wat hulle geglo het en miskien selfs oor gespot en vervolg was, was toe die volle waarheid? Die verhaal van Die Ryk man en Lasarus het in daai stadium vir my net “oopgegaan” en my ’n wonderlike scenario gegee om hierdie “drama” ná die dood te kon uitbeeld. Die laaste paar jaar het ek ál meer besef hoeveel mense in ons samelewing op enige gegewe oomblik deur die dood geraak word. Die aantal ontydige/voortydige sterftes in ons samelewing neem oënskynlik toe weens dinge soos ongelukke en misdaad. Daar is skokkend baie mense in ons gemeenskappe wat die laaste jaar of twee iemand naby hulle aan die dood moes afstaan. En ons moet onthou – die dood van ’n dierbare is die mees traumatiese gebeure in mense se lewe. Niemand bly daardeur ongeraak nie. Dit laat jou broos en kwesbaar. En dit laat jou wonder – oor die lewe en die lewe ná die dood. Dis waarskynlik waarom die vorige boek aanhou verkoop – omdat mense aanhou doodgaan. Daar is elke dag nuwe mense wat met die werklikheid en hartseer van die dood te make het. En nou die opvolgboek. Vrae wat vir mense nog onbeantwoord is? Die eerste boek het inderdaad heelwat vrae by mense gelaat aangaande die doodservaring. ’n Voordeel van die onderwerp is dat daar heelwat gevallestudies is (in die Bybel en hedendaags) wat aangrypende inligting gee oor verskillende mense se naby-doodse ervarings. Met die vorige boek het sommige sinici gevra: Hoe kan ’n mens weet wat ná die dood gebeur? Wel, daar is minstens oorgenoeg getuienisse van wat mense net d?skant die dood beleef het! Wat het die skryf van die tweede boek vir u as skrywer beteken? Ek het nie ’n obsessie met die dood nie. Met die skryf daarvan het ek opnuut besef dat ek as gelowige nie bang hoef te wees vir die dood nie. Niks kan my uit Sy hand ruk nie. Ek het ook nooit besef dat soveel mense op hul sterfbed bonatuurlike ervarings het nie. Navorsing in Amerika toon dat soveel as 30% van volwassenes wat sterf en 70% van kinders die een of ander bonatuurlike ervaring op hul sterfbed het. Hoe het u te werk gegaan vir die navorsing van dié boek? Die Bybel was logies my primêre bron. Dit word gou duidelik as die boek gelees word. Daarby kom persoonlike ervaring vanweë pastorale en sterwensbegeleiding oor die jare. Die laaste paar jaar het ook heelwat geskrewe inligting hieroor oor my pad gekom. Daar is ook heelwat navorsing op die internet gedoen. Watter boodskap dra die tweede boek aan die leser oor? Die vorige boek (ook die DVD en CD) het duisende mense se lewe verander. Ek het honderde briewe met getuienisse ontvang. Ek het ’n sterk vermoede dat sy opvolgboek se impak groter gaan wees. My hoofdoel is nie topverkoper-status nie, maar ’n boek wat mense se lewe vir tyd en ewigheid sal verander en om diegene te troos wat ’n geliefde deur die dood verloor. Inderdaad is die dood nie diskresionêr nie. Dit het geen ouderdomsbeperking nie, geen deernis vir die skoonheid van voorkoms en die jeugdigheid van vlees nie. Dis nie net ou mense wat dood gaan nie. Honderde mense sterf weekliks in ons land wat vyf minute voor hul dood blakend gesond was. Alle natuurlike geboortes word deur geboortepyne vooraf gegaan, maar daar is ongelukkig nie altyd sterftepyne wat mense vroegtydig laat regmaak om dood te gaan nie. Ek hoop die boek is ’n wake-up call vir baie mense. Die dood is nie opsioneel nie – die vraag is nie “indien” nie, maar “wanneer”. En dan? Die doel is nie om skrik op die lyf te jaag nie, maar oud en jonk te konfronteer met die sekerheid van die dood. Die boek hou groot troos in vir mense wat ’n geliefde, eggenoot of kind deur die dood verloor. Daar is ’n paar onlangse verhale van mense wat reeds die pad geloop het en kan getuig watter verskil God in hul lewe gemaak het.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|