Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tekens dat daar fout is by jou man
As sake in die slaapkamer lol, is 'n blou pilletjie nie die oplossing nie. Carla Lewis het 'n lesing oor mans se gesondheid bygewoon en doen verslag oor die sensitiewe kwessie van erektiele wanfunksie. ’N Man meet hom dikwels aan sy vermoë om ’n ereksie te kry. Só sê prof. Mohammed Haffejee, hoof van urologie aan die Universiteit van die Witwatersrand. “Die manlikheid en bestaansrede van mans wat sukkel om ’n ereksie te kry word dikwels aangetas en hulle sien hulself as ’n mislukking.” Dit is egter nie die emosionele impak waaroor mans (en hul maats) bekommerd moet wees nie, maar ook die onderliggende gesondheidsprobleme wat met dié toestand gepaardgaan. “Die eerste ding wat ’n man moet besef as hy nie ’n ereksie kan kry nie, is dat daar heel moontlik ’n ernstiger oorsaak is. ’n Gesonde ereksie is een van die tekens van ’n gesonde man,” sê Haffejee. Hoewel ander invloede soos stres of emosionele probleme ook ’n rol kan speel, meen Haffejee die regte ding om te doen wanneer ’n man dié probleem ervaar, is om by ’n dokter uit te kom. “Daar is wetenskaplike bewyse dat erektiele wanfunksie ’n risiko vir jou gesondheid inhou,” sê hy. Volgens Haffejee het onlangse navorsing bewys dat daar ’n hoër voorkoms van siektes is by mans wat aan erektiele wanfunksie ly, en dít kan tot hartkwale en diabetes lei. “In ’n onlangse studie daaroor het 64% van mans wat aan dié toestand ly, ook aan een of meer van die volgende gely: hoë bloeddruk, hartvatsiekte, hoë cholesterol, diabetes, depressie en stres.” Dr. Sindeep Bhana, ’n endokrinoloog by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto, verduidelik hy gebruik erektiele wanfunksie as ’n aanduiding van koronêre hartsiekte. Bhana sê die are in die penis is gewoonlik die eerstes wat deur die toestand beïnvloed word. “As daar byvoorbeeld plaak in die koronêre are opbou, wat ongeveer 4 mm in deursnee is, word die deursnee van die are met ongeveer 25% verklein. “As daar plaak in die penale are opbou, word die deursnee met 50% verklein.” Bhana sê eers nadat ’n aar met 50% verklein het, begin die simptome wys. Die penale are is van die eerstes wat verklein en die resultaat hiervan is erektiele wanfunksie. “Omdat die plaak teen dieselfde spoed in verskillende are ontwikkel, sal die kleiner are eerste getref word. “Dus sal erektiele wanfunksie ’n voorganger van die meeste koronêre hartkwale wees.” Wat nou? Bhana en Haffejee beklemtoon dat erektiele wanfunksie op ’n holistiese manier behandel moet word. “Dit is belangrik dat jou geneesheer verskeie toetse doen en jou nie net met ’n pilletjie huis toe stuur nie,” is Haffejee se raad. “Jou dokter moet ’n lipiedetelling neem en toets vir cholesterol, jou testosteroonvlakke en diabetes.” As die toetse aandui dat alles nie pluis is nie, moet die dokter vir jou ’n holistiese oplossing uitwerk, waaronder ’n verandering in jou leefstyl, dieet, medikasie en hormoonaanvullings. Die groot T Haffejee sê net soos vroue se estrogeenvlakke daal hoe ouer hul word, verlaag mans se testosteroonvlak ook. “Met vroue is daar egter ’n beduidende periode wat haar vlakke van estrogeen besig is om te daal, terwyl die vermindering van testosteroon by mans baie subtieler is. “Testosteroon is ’n baie belangrike hormoon en ’n tekort daaraan kan mans se gesondheid en lewensgehalte benadeel. “Mans wat lae testosteroonvlakke ervaar, het ’n laer lewensverwagting, ’n lae libido, ’n groter kans om osteoporose op te doen, is meer geneig om oorgewig te wees en ly dikwels aan erektiele wanfunksie.” Haffejee verduidelik dat die hartprobleme en metaboliese toestande in mans met erektiele wanfunksie dikwels met ’n tekort aan testosteroon verbind kan word. “Daar is baie duidelike bewyse dat diabetes, vetsug, hoë bloeddruk en hartsiekte wat erektiele wanfunksie veroorsaak, aan lae vlakke van testosteroon gekoppel kan word.” Hy sê hoewel ’n leefstylverandering en ’n gesonde dieet dikwels ’n positiewe verskil in die slaapkamer kan maak, word die resultate net soveel doeltreffender wanneer dit met testosteroonaanvulling gekombineer word.
Hormoonvervanging? Maar is testosteroon nie sleg vir jou nie? “Testosteroon het ’n slegte naam gekry by mense wat dit misbruik. Soos met die gebruik van enige middel wat nie deur ’n dokter gemonitor word nie en waarvan die dosis oorskry word, sal daar nagevolge en newe-effekte wees,” sê Haffejee. Volgens hom is baie mans besorg dat hulle moontlik prostaatkanker kan ontwikkel indien hulle ’n testosteroonaanvulling begin neem. Vroue is weer bekommerd dat hul man se aggressievlakke weens hormoonvervanging kan styg. “Mans wat testosteroonaanvulling kry, is reeds getoets vir ’n testosteroontekort en die aanvullings gaan hul vlakke net na normaal laat terugkeer. “In die toetse wat op die spesifieke medikasie gedoen is, is daar geen bewyse dat die medikasie tot prostaatkanker sal lei nie.” Haffejee sê die testosteroonaanvullings wat deesdae op die mark beskikbaar is, is ook baie meer gesofistikeerd en sal sorg dat ’n man se testosteroonvlakke konstant bly. Tekens Mans wat sukkel met lae testosteroonvlakke het die volgende simptome: Wat jy kan doen Voorkom erektiele wanfunksie en hartsiektes só:
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|