Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Brullend uit Afrika op pad na Londen
Jul 22 2008 07:56:50:057PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnre. Jaco Human (links) en Kwêla-aanbieder Morné van Loggenberg eergister by hul motorfietse en kinders van Abraham Kriel Kindersorg. Foto: Loanna Hoffmann
Afrika is nie vir sissies nie, maar die toets of jy 'n ware man is, lê nie in bultende spiere nie. Dit lê eerder in hoe warm jou hart klop vir 'n vasteland waar baie kinders daagliks ly. Twee Johannesburgse mans slaag dié toets met vlieënde vaandels, skryf Susan Cilliers.

Hy wou nog altyd deur Afrika toer.

Nou gaan mnr. Jaco Human (28) dié jare lange droom saam met ’n vriend verwesenlik en sommer nóg iets doen wat hulle na aan die hart lê: liefdadigheidswerk.

Terwyl Human en Kwêla-aanbieder Morné van Loggenberg (31) die sowat 27 000 km oor Afrika na Londen al brullende op hul BMW-motorfietse aflê, hoop hulle om geld vir kinderorganisasies oor Afrika heen in te samel.

Die twee beplan om op 25 Oktober in Londen te wees.

Hulle dra al die koste verbonde aan hul tog self en sal mees?tal in tente kampeer, het Human eergisteroggend by Abraham Kriel Kindersorg in Johan- nesburg vertel. Hulle gaan nie ’n sent van die skenkersgeld gebruik nie, en Abraham Kriel Kindersorg in Johannesburg sal die skenkings administreer.

Human en Van Loggenberg was eergisteroggend daar vir ’n afskeidsgeselligheid voor hul vertrek na Zimbabwe, die eerste Afrika-staat wat hulle sal aandoen. Hul amptelike vertrek was reeds op 16 Julie toe hulle die lang pad van Kaap Agulhas af aangepak het.

Met Human se gepakte motorfiets agter hom het hy vertel hy is nog onseker wat om van die tog te verwag, maar dat hy nietemin baie opgewonde is oor die komende avontuur.

“Ons is deeglik bewus van al die gevare, maar ’n mens kan nie dat dit jou terughou nie.”

Die helfte van die geld wat vir die tog geskenk word, gaan aan Abraham Kriel Kindersorg.

Die ander helfte sal verdeel word onder verskillende kindergeoriënteerde projekte in Afrika.

Human en Van Loggenberg gaan groot stede vermy en minder woelige plattelandse roetes ry sodat hulle die skoonheid en ongereptheid van die natuur en afgeleë dorpies kan geniet.

Hulle gaan ook verskeie kinderhuise besoek.

Vir noodgevalle het die twee mans ’n satelliet-telefoon byderhand, én selfone.

“Ons gaan onsself so nou en dan bederf en by oornagplekke slaap net om alles weer skoon te kry,” het Human gesê.

Hy was tot onlangs nog ’n dosent in rekeningkunde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), maar het bedank om sy droom te verwesenlik.

As die tog in Oktober verby is, gaan hy ’n klerkskap van twee jaar in Londen doen, soortgelyk aan dié wat Suid-Afrikaners doen om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word.

  • Besoek www.africachild.co.za om meer oor die tog te lees en skenkings te doen, of bel 011 839 3058.

    Clark steun reistog met konsert ten bate van kinders

    Die twee Johannesburgse mans se motorfietstog deur Afrika ten bate van dié vasteland het die aktrise Elzette Maarschalk en haar sangerman geïnspireer om drie Gautengse kinderhuise se geldkoffers te sterk.

    Maarschalk - ook haar man, Joseph Clark, se bestuurder - vertel hulle het reeds lankal vertonings van sy konsert African Crossing later vanjaar beplan.

    Dié konsert was in Junie in die Duitse hawestad Hamburg op die planke. Toe Maarschalk uit die bloute 'n e-pos van Abraham Kriel Kindersorg in Johannesburg kry, waarin vertel word van mnre. Jaco Human en Morné van Loggenberg se tog deur Afrika, was sy geïnspireer.

    Hul reisprojek genaamd Africa Child om geld vir kindergeoriënteerde projekte in Afrika in te samel, het haar aandag dadelik getrek. "Ek het gedink die titel van ons konsert, African Crossing, en die reisprojek Africa Child skakel perfek by mekaar in. Ons het besluit om twee konserte ten bate van Abraham Kriel en twee ander kinderhuise te hou."

    Die konserte, ook ten bate van die Jakaranda- en Louis Botha-kinderhuise in Pretoria, word op 9 en 10 Augustus in die Aula in die Jakarandastad gehou.

    Die Gaabo Motho-tenore, Amo-khono We Sintu-dansers en Yollandi Nortjie sal saam met Clark optree. 'n Lewendige kombinasie van Afrika-, opera-, pop-, en rockmusiek kan verwag word.

  •  Die konsert op 9 Augustus begin om 20:00 en die een op 10 Augustus om 15:00. Kaartjies kos tussen R80 en R160.

    Maarschalk soek nog borge vir die konsert, waarvan die volle opbrengs aan die genoemde kinderhuise gaan.

    Om te bespreek bel Computicket by 083 915 8000, en bel Abraham Kriel Kindersorg by 011 839 3058 om die konserte te help borg.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |