Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


SA mense steun ouers van vermiste driejarige
May 11 2007 10:48:07:627PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Plakkaat met die polisie- en nuuskantoornommer op word gister langs 'n plakkaat met die Katolieke en Anglikaanse misdienstye vir die vermiste driejarige Britse Madeleine McCann rondom die Portugese strandoord Lagos geplaas. Foto: Hugo Correia, Reuters
Joylene van Wyk

Londen. – Die ouers van die Britse peuter Madeleine McCann wat uit ’n vakansie-woonstel in Portugal verdwyn het, word deur Suid-Afrikaners bygestaan wat bemoedigende e-pos stuur en bid dat sy ongedeerd gevind en aan haar ouers terugbesorg sal word.

Kommer heers dat die driejarige Madeleine van Leicestershire verlede Donderdag deur ’n internasionale pedofielnetwerk uit die woonstel in Algarve, Praia da Luz, in Portugal, ontvoer is toe haar ouers haar en hul 18 maande oue tweelingseun en -dogter alleen gelaat en in ’n nabygeleë tapaskroeg gaan eet het.

Mnr. Gerry en mev. Kate McCann het elke halfuur by hul slapende kroos gaan inloer, maar omstreeks 22:00 toe die paartjie terugkeer, was sy weg.

Die Portugese polisie het vandeesweek glo gefokus op twee mans en ’n vrou wat met ’n meisie gesien was wat aan haar beskrywing voldoen het.

Hoofinsp. Olegario Sousa het bevestig dat hulle na kringtelevisie-materiaal van verskeie plekke gekyk het, maar wou nie verder hieroor uitwei nie.

Luidens berigte het die polisie glo na kringtelevisie-materiaal gekyk van ’n meisie met haar beskrywing saam met ’n blonde vrou en twee mans by ’n vulstasie ’n paar kilometer van die dorpie waar sy verdwyn het.

Die polisie het ’n foto van een van die mans aan ’n Britse toeris gewys wat bevestig het dat hy hom moes wegjaag toe hy sy dogter afgeneem het.

Die familie het met ’n plakkaatveldtog begin en meer as 20 000 kopieë van die Madeleine-plakkaat is deur mense van die nuuskanaal, Sky News, se webtuiste afgelaai.

Suid-Afrikaners wat die gebeure volg het ook verskeie boodskappe op die webtuiste geplaas ter ondersteuning van die ouers wat erg onder kritiek deurloop omdat hulle die kinders alleen gelaat het.

“Julle is nie die skuldiges nie. Julle is nie nalatige ouers nie. Geen ouer kan die veiligheid van sy kinders elke minuut verseker terwyl kwaadwilliges op hulle jag maak nie.”

Dié boodskap van ’n Suid-Afrikaanse vrou wat ook ’n kers aangesteek het as simbool vir hoop dat sy gevind sal word, is een van vele oor die wêreld heen wat wag op nuus oor wat van die meisietjie geword het.

Nóg een voel dat mense te vinnig oordeel en dat almal foute kan maak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |