Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Madeleine se ouers onder verdenking'
Die dagblad Diario de Noticias berig dat ondersoek nou ingestel word na die moontlike betrokkenheid van die meisie se ouers. Volgens die berig het die polisie 'n maand lank reeds vermoed dat Madeleine op 3 Mei, die dag waarop sy verdwyn het, in haar kamer dood is -waarskynlik weens 'n ongeluk. Die media in Portugal het reeds berig dat tekens van die bloed van 'n dooie persoon in die woonstel in Praia da Luz in die Algarve-streek gekry is. Iemand het glo probeer om dit skoon te maak. Daar word tans glo gepoog om DNA-monsters te verkry. Die polisie in Portugal het nie amptelik op die berigte gereageer nie. Hulle en hul Britse eweknieë hou glo Madeleine se ouers, Gerry en Kate, geruime tyd reeds dop.
Die Portugese polisie wil volgens Diario de Noticias ook van die egpaar se vriende ondervra wat reeds na Brittanje teruggekeer het ná hul vakansie in Praia da Luz. - Sapa-dpa
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|