Melville mak gemaak
Mense van Melville veg terug om dié Jhb-buurt saans weer leefbaar te maak sy inwoners.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madeleine sterf dalk in ouers se woonstel
Aug 07 2007 10:14:16:383PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Kate McCann (links) deel verlede week foto's van haar vermiste dogter, Madeleine, uit aan mense by 'n busstasie in die suide van Spanje.Foto: REUTERS

L issabon. – Die plaas- like dagblad Dario de Noticias het gister berig die Portugese polisie glo Madeleine McCann (4) is in haar ouers se vakansiewoonstel vermoor, pleks van ontvoer.

Die moontlikheid dat haar ouers betrokke is, word ondersoek.

Sapa-DPA berig Britse snuffelhonde en ultravoilet-tegnologie het bloedspore van ’n dooie mens gevind in die woonstel waaruit Madeleine in Mei verdwyn het.

Iemand het dit ook probeer afwas.

Haar “ontvoering” is sedertdien wyd in die nuus.

Volgens die berig vrees die polisie nou dat Madeleine vermoor is. Die koerant haal ’n anonieme bron aan: “Die polisie weet al ’n maand dat Madeleine op die aand van 3 Mei in die woonstel in die Praia da Luz-oord vermoor is.”

Dit is nog onduidelik of die bloed Madeleine s’n was omdat toetse nog nie voltooi is nie. Die berig meld nie hoe die polisie tot die gevolgtrekking gekom het dat sy vermoor is nie.

’n Polisiewoordvoerder wou nie kommentaar lewer op die berig nie.

Dr. Gerry McCann sê egter hy en sy vrou, Kate, glo Madeleine leef nog. “Kate en ek glo sterk sy het geleef toe sy uit die woonstel gevat is. Ons is nie naïef nie, maar die Portugese polisie het ons verskeie kere verseker hulle soek Madeleine lewend,” het McCann gister op die Britse TV-kanaal Sky News gesê.

Madeleine het vermis geraak meters van die plek waar haar ouers in die Algarve-toerismestreek aandete geëet het.

Die polisie het mnr. Robert Murat (33), ’n Brit, as hoofverdagte geïdentifiseer en al twee keer sy huis en motor deurgesoek.

Intussen het die polisie, volgens die koerant, ’n tweede verdagte, ’n wit man (40), geïdentifiseer. Vriende van die McCann-gesin wat in die oord was toe Madeleine vermis geraak het, word ook ondersoek.

Madeleine se ouers vestig sedert haar verdwyning sonder ophou aandag op haar as ’n vermiste kind.

Glanspersoonlikhede insluitende J.K. Rowling en David Beckham het bygedra tot ’n beloning as sy gevind sou word. Sy is ’n aantal kere van Marokko tot Argentinië glo gesien, maar polisie het nog geen besliste resultate bekend maak nie. – Reuters


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |