Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madeleine se ma is ’n verdagte
Sep 08 2007 12:59:22:607AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Madeleine McCannFoto: AP



Londen. – Me. Kate McCann (39), die ma van die Britse Madeleine McCann (4) wie se verdwyning in Portugal vier maande gelede ’n wêreldwye soektog na haar op tou gesit het, het dalk per ongeluk haar dogter se dood veroorsaak.

Dié voorstel deur die Portugese polisie kom nadat McCann gister formeel as ’n verdagte in Madeleine se verdwyning genoem is.

Só het me. Philomena McCann, Kate se skoonsuster, gister gesê nadat McCann sedert eergister langer as 15 uur deur die polisie in Portimao in Portugal ondervra is.

McCann is wel nié formeel aangekla nie, berig Sky News .

Volgens me. Justine McGuinness, ’n woordvoerder vir die McCann’s, het die polisie McCann uitgevra oor tekens van bloed wat gekry is in ’n huurmotor wat die McCann’s 25 dae ná Madeleine se verdwyning gehuur het.

“Daar is gesê Kate is op een of ander manier gekoppel aan die dood van haar dogter, wat natuurlik belaglik is,” het sy gesê.

Philomena was dit eens dié bewering van McCann se betrokkenheid by Madeleine se moontlike dood, is “verregaande” en het die Portugese polisie daarvan beskuldig dat hulle McCann probeer intimideer.

“Hulle stel voor Kate het op ’n manier vir Madeleine per ongeluk doodgemaak, haar lyk geberg en toe daarvan ontslae geraak. Ek het nog nooit in my lewe iets só belaglik gehoor nie. Kate is absoluut woedend. Sy is verontwaardig, soos wat almal van ons en enigiemand met gesonde verstand is,” het Philomena aan Sky News gesê.

Philomena sê die beweerde bewyse teen Kate is volgens gerugte DNS en liggaamsvloeistowwe.

Die polisie het vandeesweek bevestig hulle het die uitslae van die DNS-monsters in dié saak ontvang.

McCann het gisteroggend na die polisiekantoor teruggekeer nadat sy eergister 11 uur lank oor Madeleine se verdwyning op 3 Mei ondervra is.

Mnr. Gerry McCann, Kate se man, is ook gister ondervra.

“Maar vir Gerry is net gesê hy sal vir ‘vlugtige’ ondervraging ingebring word.

“So natuurlik is die fokus op Kate,” het Philomena gesê.

McGuinness het ook gesê dit blyk asof die polisie McCann en haar man heeltemal verskillend behandel. – Sapa-AP-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |