Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Maddie se DNS 'wás in motor' wat 25 dae ná verdwyning gehuur is
Sep 10 2007 10:45:01:853PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Maddie se pa: 'Dit was nie ons'
  • Madeleine se ma is 'n verdagte
  • Sterf dalk in ouers se woonstel
  • Joylene van Wyk


    Londen. – Die Portugese polisie het DNS wat ten volle met dié van Madeleine McCann (4) ooreenstem, in die kattebak van haar ouers se gehuurde motor gekry, het Sky News gisteraand berig.

    Die McCann’s het die motor 25 dae ná haar verdwyning gehuur.

    Haar ouers, drs. Gerry en Kate McCann, wat intussen na Engeland teruggekeer het, is die naweek formeel as verdagtes in haar verdwyning genoem.

    Volgens Sky News het drie van die bloedmonsters wat by die forensiese wetenskapdiens in Birmingham ontleed is, met die DNS van die meisie ooreengestem.

    Die polisie het DNS in die kattebak gevind wat ten volle en gedeeltelik met hare ooreenstem. Met dié bewyse is die polisie oortuig dat sy in die motor was, weke nadat sy verdwyn het.

    DNS is ook op die vensterbank van die woonstel in Portugal gekry wat met hare ooreenstem.

    Beeld het vroeër berig dat die Portugese polisie dit gestel het dat haar ma dalk per ongeluk haar dood veroorsaak het, haar lyk geberg en toe daarvan ontslae geraak het.

    ’n Emosionele Gerry het Sondagmiddag toe hulle op die East Midlands-lughawe geland het, gesê dat hulle nie betrokke was by die verdwyning van hul dogter nie.

    Intussen is die dossier in die verdwyning van Madeleine na die openbare vervolger verwys.

    Die Portugese polisie sou na verwagting gisteraand die lêer aan die openbare vervolger, mnr. Jose Cunha de Magalhaes e Meneses, oorhandig.

    Hoofinsp. Olegario Sousa van die Portugese polisie het gesê Meneses sal besluit of daar klagte teen Madeleine se ouers ingedien sal word.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |