Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Nimmereindigende nagmerrie,' sê ouers
Sep 11 2007 12:53:11:713PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Maddie se DNS 'wás in motor'
  • Maddie se pa: 'Dit was nie ons'
  • Madeleine se ma is 'n verdagte
  • Londen. - Die ouers van die vermiste Madeleine McCann (4) het die jongste verwikkelinge rondom hul dogter se verdwyning as 'n "nimmereindigende nagmerrie" beskryf en gesê die lewe het "ondraaglik" geword.

    Kate en Gerry McCann leef sedert hul terugkeer Sondag uit Portugal, waar hulle deur die polisie ingelig is dat hulle verdagtes is nadat Madeleine "per ongeluk" dood is, agter geslote deure in hul huis in Rothley in sentraal-Engeland.

    Mnr. McCann sê op sy internet-blog hy en sy vrou word deur 'n "ondraaglike" situasie in die gesig gestaar, maar as al die feite bekend gemaak word, sal hulle kan bewys dat hulle "geen deel gehad het aan Madeleine se ontvoering" nie.

    Die polisie in Portugal het intussen die belangrikheid van berigte dat DNS wat ten volle met dié van Madeleine ooreenstem in die kattebak van haar ouers se gehuurde motor gekry is, probeer afmaak. (Lees die verwante berig).

    Intussen is die dossier in die verdwyning van Madeleine aan die openbare vervolger, mnr. Jose Cunha de Magalhaes e Meneses, oorhandig.

    Volgens Portugal se polisiediens sal Meneses besluit of klagte teen Madeleine se ouers ingedien sal word. - Sapa-dpa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |