Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Maddie-sage verdiep oor 'geheime voorwerp'
SkyNews berig dit is nog nie bekend wat die voorwerp kan wees nie. 'n Portugese regter besluit daaroor of hy die versoek gaan toestaan al dan nie. Hy het 24 uur tyd om oor die kwessie te besin. Ingevolge Portugese wetgewing is die toestemming van 'n regter net nodig wanneer 'n voorwerp op 'n plek is waar die polisie onder normale omstandighede nie toegelaat word nie, berig die nuusdiens. Só 'n plek kan 'n kerk of ander plek van aanbidding wees of 'n prokureurskantoor. Die polisie beplan om weer plekke in Praia da Luz, waar Madeleine vermis geraak het, te ondersoek. Hulle wil glo ook opgrawings by die dorpskerk van Nossa Senhora da Luz doen. Die polisie in Portugal wou nie die berigte bevestig of ontken nie. Dit is bekend dat Kate en Gerry McCann, albei 39-jarige dokters, 'n sleutel van die kerk gekry het sodat hulle enige tyd vir hul dogter kon gaan bid. Daar was Woensdag nog geen teken van enige opgrawings by die kerk nie. Regter Pedro Miuel dos Anjos Frias is tans ook besig om deur die McCann-dossier van sowat 4000 bladsy te werk terwyl die McCann-egpaar op hete kole wag om te hoor of hulle aangekla gaan word van moord op hul dogter.
- SkyNews
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|