Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vervolger wil beslag lê op Maddie se ma se dagboek Londen. – Madeleine McCann se ouers oorweeg onafhanklike forensiese toetse op die gehuurde motor waarin liggaamsvloeistof en hare wat “88%” met dié van hul vermiste dogter ooreenstem, in die kattebak gekry is. Intussen het die openbare vervolger in Portugal om noodmagte gevra sodat hy beslag kan lê op haar ma, Kate, se dagboek. Drs. Kate en Gerry McCann is Vrydag formeel as verdagtes genoem. Die polisie wil glo ook op Madeleine (4) se speelgoed beslag lê. Sy is glo op 3 Mei uit ’n vakansiewoonstel in Algarve, Praia da Luz in Portugal, ontvoer toe haar ouers haar en hul 18 maande oue tweeling alleen gelaat en in ’n nabygeleë kroeg gaan eet het. Die openbare vervolger het die dossier na regter Pedro Miuel dos Anjos Frias verwys wat sal beslis of hulle aangekla moet word en om te versoek dat die dagboek en ander korrespondensie van die paartjie as bewyse in die ondersoek gebruik kan word. Volgens die Portugese media is die owerhede reeds in besit van die dokumente. Die regter moet besluit of dit nie sal inbreuk maak op die paartjie se regte en private lewe om dit aan die openbare vervolger beskikbaar te stel nie. Die polisie het ook baie hare in die motor gekry wat nie deur ’n kombers of klere oorgedra kon word nie. ’n Familievriend het aan die BBC gesê die motor is op ’n veilige plek. Die McCanns vrees glo dat die Portugese polisie bewyse sal plant as hulle die motor teruggee. Die polisie wou nie kommentaar lewer op bespiegeling dat opgrawings by die kerk beplan word waar haar ouers gereeld om Maddie se terugkeer gebid het nie. Hulle het ’n sleutel vir die kerk gehad. Trustees van die fonds wat geskep is om met die soektog te help, het gesê die meer as R15 miljoen gaan nie vir die McCanns se regskoste gebruik word nie. Mense het reeds aangebied om hulle hiermee te help en ’n ander fonds sal geskep word. Die egpaar het nog nie teruggekeer werk toe nie.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|