Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Madeleine: Dagboek van ’n moeë ma
Sep 13 2007 10:37:57:057PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Trustgeld nie vir ons regskoste'
  • Maddie-sage verdiep oor 'geheime voorwerp'
  • 'Nimmereindigende nagmerrie,' sê ouers
  • Maddie se DNS 'wás in motor' wat 25 dae ná verdwyning gehuur is
  • Maddie se pa: 'Dit was nie ons'
  • Madeleine se ma is 'n verdagte
  • Madeleine se ouers gaan eis oor berig
  • Madeleine: DNS-toetse se uitslae afgewag
  • Madeleine sterf dalk in ouers se woonstel
  • Lissabon. – Portugese koerante het gister dele aangehaal uit wat hulle sê is Kate McCann, ma van die vermiste Madeleine, se dagboek.

    Dít beeld haar uit as ’n vrou wat uitgeput is deur haar drie kinders – Madeleine en die tweejarige tweeling.

    Publico het berig dat die polisie tydens ’n klopjag op die McCanns se vakansiehuis op ’n kopie van dié dagboek beslag gelê het.

    Drs. Kate en Gerry McCann is formeel as verdagtes in hul dogter se verdwyning genoem.

    Luidens die Jornal de Noticias is die dagboek en ander persoonlike dokumente nou in besit van landdros Pedro Danielo dos Anjos Frias, wat ingevolge Portugese wet moet besluit of dit getuienis in die saak kan wees.

    Correio da Manha sê Kate McCann het gereeld in haar dagboek gekla dat haar kinders “histeries” is en dat Madeleine hiperaktief is, terwyl haar man nie met huishoudelike take help nie.

    Volgens Publico is die gebeure wat op Madeleine se verdwyning gevolg het, in die dagboek beskryf.

    Madeleine het op 3 Mei uit ’n vakansiewoonstel in Algarve, Praia da Luz in Portugal, verdwyn toe haar ouers haar en hul 18 maande oue tweeling alleen gelaat en in ’n kroeg gaan eet het.

    Die gebeure sluit in “die ma se benoudheid en wanhoop, die solidariteit van vriende en die impak in die media,” het Publico gesê.

    Die polisie wil glo vergelykings tref en teenstrydighede soek in die verskeie inskrywings.

    Die Portugese vervolgers het die regter glo ook versoek om Kate McCann na Portugal te ontbied. Die egpaar het Sondag na Brittanje teruggekeer.

    Die polisie haar daarvan dat sy per ongeluk Madeleine se dood veroorsaak het en haar liggaam weggesteek het. – Sapa-AFP


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |