Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Maddie het oordosis pille gekry' Londen. – ’n Oordosis slaappille het die dood van Madeleine McCann veroorsaak, is die nuutste bewering in ’n Franse koerant. Liggaamsvloeistof en hare wat met die DNS van die meisie ooreenstem, is glo in die kattebak van die motor gekry wat 25 dae ná haar verdwyning gehuur is. Intussen het ’n senior ondersoekbeampte in die saak aan die koerant 24 Horas gesê dat hulle nie konkrete bewyse het dat Madeleine dood is of om haar ouers, drs. Gerry en Kate McCann, van moord aan te kla nie. Die paartjie het gister met hul prokureurs vergader om te kyk watter stappe volgende gedoen moet word om hul onskuld te bewys. Volgens Portugese wetgewing kan hulle nie ’n private ondersoekbeampte huur nie omdat dit onwettig is terwyl ’n polisieondersoek nog aan die gang is. Die Franse koerant, France Soir, berig dat die Portugese polisie aan die openbare vervolger ’n lêer gegee het wat die inhoud van die toetse bevat van hoe sy dood is. Dié koerant beweer die polisie glo dat die bewysstukke wat in die gehuurde motor gekry is, sal bewys dat sy medisyne, “sonder twyfel ’n groot hoeveelheid slaappille”, ingekry het. Volgens die koerant is dit nie bespiegelinge nie, maar “harde feite”. Die forensiese wetenskapdiens in Birmingham is glo gevra om verdere toetse op die hare te doen om te sien of Madeleine gereeld verdowingsmiddels ingegee is. ’n Familielid het vroeër gesê die polisie beweer dat Kate dalk per ongeluk haar dood veroorsaak het, haar lyk geberg en toe daarvan ontslae geraak het. Intussen beskuldig Gerry McCann die Portugese polisie daarvan dat hulle hom en sy vrou aan onmenslike behandeling onderwerp, berig die Britse poniekoerant, The Sun. Hy het aan ’n vriend vertel dat hulle bang en in ’n hoek gedruk is. “Ons weet ons is onskuldig. Dit is ondraaglik. “Daar is groot kraters in elkeen van die teorieë, in hierdie belaglike beskuldigings.” Hy het weer gesê sover dit hom en sy vrou aangaan daar steeds geen bewyse is dat hul dogter dood is nie. Die paartjie het Sondag met die toestemming van die Portugese owerhede en polisie na Engeland teruggekeer nadat hulle formeel as verdagtes in saak benoem is.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|