Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Maddie: Branson gee geld vir fonds
Sep 16 2007 09:46:46:593PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kate McCann, die ma van die vermiste kleuter Madeleine McCann, stap gister saam met haar man, Gerry, (nie op foto) na hul plaaslike Katolieke kerk, die Sacred Heart in Rothley, Brittanje. Foto: AP
Verwante Berigte
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • Vervolger wil beslag lê op Maddie se ma se dagboek
  • Maddie-sage verdiep oor 'geheime voorwerp'
  • Maddie se DNS 'wás in motor' wat 25 dae ná verdwyning gehuur is
  • Joylene van Wyk


    L onden. – Sir Richard Branson, stigter van die Virgin-groep, gaan sowat R1,4 miljoen (£100 000) skenk sodat ’n fonds begin kan word om die regskoste van Madeleine McCann (4) se ouers te help betaal.

    Ondertussen het Gerry en Kate McCann ook besluit om ’n hernieude advertensieveldtog van stapel te stuur om dié vermiste meisie te soek.

    Dít nadat die fokus die afgelope ruk op haar ouers was wat formeel as verdagtes in haar verdwyning genoem is.

    Tot £80 000 (sowat R1,1 miljoen) uit die fonds wat gestig is om met haar soektog te help, sal in die advertensieveldtog gebruik word.

    Met dié veldtog, wat binne die volgende twee weke begin word, sal daar op Portugal, Spanje en ander dele van Europa gefokus word.

    Madeleine (Maddie) is sedert 3 Mei soek nadat sy uit ’n vakansiewoonstel in Algarve, Praia da Luz, in Portugal, verdwyn het.

    Die Portugese polisie het reeds beweer dat Kate dalk per ongeluk haar dood veroorsaak het, haar lyk geberg en toe daarvan ontslae geraak het.

    Branson het luidens ’n verklaring gesê dat te midde van al die bespiegelinge en gerugte dit onthou moet word dat dié mense “ ’n familie in pyn is”, dat ’n vierjarige meisie steeds vermis word en dat die soektog na haar moet voortgaan.

    Die paartjie se uitgebreide familie het reeds te kenne gegee dat hulle selfs hul huise sal verkoop om regskoste te betaal om die egpaar se onskuld te bewys.

    ’n Franse koerant beweer klein Maddie se dood is deur ’n oordosis slaappille veroorsaak.

    ’n Portugese koerant beweer verder dat die polisie vrees dat haar lyk nooit gekry sal word nie omdat dit dalk van ’n seiljag, wat deur ’n Brit besit word, in die see gegooi is.

    Liggaamsvloeistof wat met haar DNS ooreenstem, is glo in die kattebak van die motor gekry wat 25 dae ná haar verdwyning gehuur is.

    Dit stem glo 88% ooreen met dié van die vierjarige.

    Die polisie het ook baie hare gekry wat nie deur ’n kombers of klere oorgedra kon gewees het nie.

    Volgens The Mail on Sunday het Britse forensiese kundiges egter bevind dat dit aan enigeen kon behoort het wat met die motor in aanraking gekom het.

    Hulle kon glo nie eens die geslag of ouderdom van ’n individu hiermee bepaal nie.

    Dié koerant haal bronne aan wat gesê het dat die hare slegs in klein hoeveelhede op die agterste sitplek en nie in die kattebak nie, gevind is.

    Geen haarwortels was in die monsters gekry nie en die DNS kon dus met niemand vergelyk word nie.

    Regter Pedro dos Anjos Frias het tot Donderdag om versoeke van die openbare vervolger toe te staan om verdere polisiesoektogte van stapel te laat loop.

    Die Portugese media berig dat die Britse polisie gevra is om Kate namens die Portugese polisie nog ’n keer te ondervra.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |