Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Só het 'Dingo'-ma dit ook beleef
Sep 17 2007 09:50:28:587PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kate en Gerry McCann, die ouers van die vermiste kleuter Madeleine, op pad na die plaaslike Katolieke kerk, die Sacred Heart, in Rothley, Brittanje. Foto: Roy Kilcullen, AP
Verwante Berigte
  • Maddie: Branson gee geld vir fonds
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • 'Nimmereindigende nagmerrie,' sê ouers
  • Maddie se DNS 'wás in motor' wat 25 dae ná verdwyning gehuur is
  • Maddie se pa: 'Dit was nie ons'
  • Madeleine se ma is 'n verdagte
  • Sydney. – Die besonderhede is onheilspellend eenders – ’n kind word alleen gelaat en verdwyn, die ouers word met simpatie oorlaai, maar in die afwesigheid van ’n beter verduideliking, word die ma die hoofverdagte.

    Vir Lindy Chamberlain-Creighton is die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann in Portugal ’n spieëlbeeld van haar eie ondervinding.

    Haar babadogtertjie, Azaria, het in 1980 in die geharde Australiese agterveld (outback) verdwyn. Sy sê die polisie probeer die McCanns onder dieselfde druk plaas om ’n keuse uit te oefen as waarvoor sy sélf te staan gekom het.

    “Vertel ’n leuen en erken jy het dit gedoen en jy’s vry om te gaan; vertel die waarheid en jy kan nie.”

    Hoewel Azaria se lyk nooit gevind is nie, is Chamberlain-Creighton in 1982 skuldig bevind aan moord op die nege weke oue baba gedurende ’n kampuitstappie naby Uluru (Ayers Rock).

    Sy is lewenslange tronkstraf opgelê op grond van forensiese bewyse (wat later betwyfelbaar bevind is).

    Chamberlain-Creighton het deurentyd volgehou dat Azaria deur ’n dingo (Australiese wildehond) weggesleep is.

    “Die publiek soek antwoorde en as hulle dit nie kry, gaan hulle dit uitdink,” sê sy. “Die polisie is onder druk en is opgelei om antwoorde te vind.”

    Albei voorvalle het hewige openbare debat ontketen – die McCann-saak omdat die ouers hul kinders sonder toesig gelaat het, en die Chamberlain-tragedie oor die waarskynlikheid dat ’n dingo die baba kon wegsleep en doodmaak.

    Verdere ooreenkomste is dat albei gesinne hul toevlug in godsdiens gevind het.

    Die McCanns het sedertdien na Brittanje teruggekeer met hul tweejarige tweeling. – Sapa-AFP


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |