Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Staak die gerugte en help soek'
Só het die vermiste 4-jarige meisie se familie Dinsdag by monde van hul woordvoerder gevra. Mnr. Clarence Mitchell het gesê die bewerings dat Kate en Gerry McCann iets met hul dogter se verdwyning te doen het sou afgelag kon word as dit nie so ernstig was nie. Hy het gesê daar is "heeltemal onskuldige verklarings vir enigiets dat die polisie tydens hul ondersoek kon gevind het". Die McCann-egpaar het langs hom in die oprit van hul huis in Rothley, Engeland, gestaan terwyl hy die verklaring gemaak het. Ingevolge Portugese wetgewing kan hy nie enige besonderhede oor die saak verskaf nie, maar het benadruk dat die egpaar sal voortgaan om met die Portugese owerhede saam te werk. "Die fokus kan verskuif van die onakkurate, ongegronde spekulasie die laaste paar dae na die kern van die saak: Madeleine. Die taak is om haar te vind. Kate en Gerry vra almal om steeds te help soek want hulle glo vas dat sy nog lewe." - Sapa-AP
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|