Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘McCanns kan alles verklaar’
Sep 18 2007 10:47:46:567PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Kate McCann, Madeleine se ma, by 'n mediakonferensie gister buite hul huis in Rothley, Sentraal-Brittanje. Foto: David Jones, Reuters
Verwante Berigte
  • Só het 'Dingo'-ma dit ook beleef
  • Maddie: Branson gee geld vir fonds
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • 'Trustgeld nie vir ons regskoste'
  • Vervolger wil beslag lê op Maddie se ma se dagboek
  • Maddie-sage verdiep oor 'geheime voorwerp'
  • Joylene van Wyk


    Londen. – Drs. Gerry en Kate McCann is onskuldig en kan verduidelik oor die bewyse wat die polisie gevind het, het mnr. Clarence Mitchell, hul woordvoerder, gister gesê.

    Mitchell, wat sowat ’n maand aan die McCanns se sy in Portugal as die Britse kantoor vir buitelandse sake se verteenwoordiger was om hulle raad te gee, het uit sy regeringspos bedank om hul woordvoerder te wees.

    Sedert Gerry en Kate formeel as verdagtes in die verdwyning van Madeleine, hul vierjarige dogter, genoem is, is daar wild in die Portugese media bespiegel dat hulle op die een of ander manier iets met haar verdwyning te doen het.

    Intussen hou die McCanns mnr. Gordon Brown, Britse premier, op hoogte van gebeure.

    Sentraal in die ondersoek is DNS wat glo met Madeleine s’n ooreenstem wat in die motor gevind is wat 25 dae ná haar verdwyning gehuur is.

    Volgens bronne na aan die gesin het sowat 30 mense, onder wie bloedfamilie, die motor gebruik voordat die polisie forensiese monsters geneem het.

    Madeleine se goed, insluitend sandale wat DNS van haar sweet kon agterlaat, is in die motor se kattebak vervoer, berig die Evening Standard.

    Mitchell het gesê daar is onskuldige verduidelikings vir wat die polisie tydens sy ondersoek mag gevind het en dat die polisie, die regter en die aanklaer daarvan bewus gemaak sal word as dit nodig sou wees.

    Mitchell het bewerings dat haar ouers haar verdowingsmiddels ingegee het, as belaglik afgemaak.

    Hy het ook aangedui die paartjie het niks om weg te steek nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |