Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


DNS in kar is glo dié van Maddie se boetie, sussie
Sep 19 2007 10:46:59:137PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Kate McCann ry gister van haar huis in Rothley, Sentraal-Brittanje.Foto: Darren Staples, Reuters
Verwante Berigte
  • 'McCanns kan alles verklaar'
  • 'My God, my God, 'n dingo het my baba!'
  • 'Staak die gerugte en help soek'
  • Maddie: Branson gee geld vir fonds
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • Joylene van Wyk


    Londen. – Die liggaamsvloeistof met DNS wat met Madeleine McCann s’n ooreenstem, is na bewering haar tweeling- broer en -suster s’n.

    Dít is drs. Gerry en Kate McCann, haar ouers, se verduideliking nadat liggaamsvloeistof met DNS wat met hare ooreenstem, in die motor gekry is wat hulle gehuur het 25 dae nadat sy verdwyn het.

    Gerry en Kate is formeel as verdagtes in haar verdwyning genoem.

    ’n Bron na aan die familie het bekendgemaak dat tot sowat 30 mense, insluitende bloedfamilie, in die gehuurde motor gery het voordat forensiese monsters geneem is.

    Madeleine se goed en Sean en Amelie, die tweeling, se vuil doeke is in die motor vervoer, het die bron gesê. Intussen berig die Portugese media dat Portugese ondersoekbeamptes na Brittanje gevlieg het om die egpaar weer te ondervra.

    Maar volgens ’n Britse polisiewoordvoerder het hulle nog geen aanduiding van só ’n besoek gekry nie.

    Volgens die koerant Correio de Manha het regter Pedro dos Anjos Frias die openbare vervolger se versoeke goedgekeur wat onder meer nuwe soektogte en die deursoek van die McCanns se woning, insluit.

    Die forensiese wetenskapdiens in Birmingham doen nog toetse op DNS-materiaal wat in die motor en die vakansiewoonstel gekry is. Dit kan binne dae na Portugal gestuur word.

    Die egpaar het in die eerste onderhoud sedert hulle verlede week teruggekeer het, gesê hulle hardloop nie weg van Portugal nie en sal daarheen terugkeer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |