Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
McCanns nie nou weer ondervra
Londen. – Die Portugese owerhede het nie onmiddellike planne om drs. Gerry en Kate McCann weer oor hul vierjarige dogter se verdwyning te ondervra nie. Hulle is formeel as verdagtes in Madeleine se verdwyning genoem nadat sy 3 Mei uit ’n vakansiewoonstel in Portugal verdwyn het. Mnr. Luis Bilro Verão, openbare vervolger, het gesê dat daar nie op nog ’n ondervraging aangedring kan word totdat nuwe bewyse aan die lig kom nie. Hul status as verdagtes bly egter onveranderd. Mnr. Clarence Mitchell, hul woordvoerder, het op TV gesê dié nuus is positief en bemoedigend. Hy het gesê toe dié nuus eergisteraand gekom het, het hy Gerry binne minute ingelig. Intussen berig Evening Standard dat ooggetuies wat Kate se reaksie die aand van Madeleine se verdwyning gesien het, oortuig is dat sy nie voorgegee het nie. “Madeleine is weg,” het sy geskreeu. Sy het na Gerry gehardloop, begin huil en histeries begin skreeu dat sy haar nie kan kry nie. – Joylene van Wyk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|