Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Vermiste Maddie glo deur twee in Marokko gewaar
Sep 23 2007 09:52:29:203PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • McCanns huur groep om Maddie te soek
  • McCanns 'bereid tot leuenverklikkertoets'
  • DNS glo dié van Maddie se boetie, sussie
  • 'My God, my God, 'n dingo het my baba!'
  • 'Nimmereindigende nagmerrie,' sê ouers
  • Londen. – Madeleine (Maddie) McCann, vermiste Britse meisie, is glo net dae nadat sy verdwyn het op dieselfde dag deur twee onverwante mense in Marrakesj, Marokko, gesien.

    ’n Britse man het aan die polisie gesê hy is seker ’n klein meisie wat hy in die voorportaal van die Ibis-hotel in dié stad gesien het, is Madeleine, berig The Sunday Express. Hy het die polisie gekontak nadat hy na Brittanje teruggevlieg het en van haar ontvoering gehoor het.

    Me. Marie Pollard van Noorweë wat na Spanje teruggekeer het, het gesê sy het Maddie net ’n paar honderd tree verder by die Afriquia-vulstasie gesien.

    Volgens Pollard het die meisie hartseer gelyk en aan ’n man wat saam met haar was gevra: “Kan ek mammie binnekort sien?”

    Albei meen hulle het haar op 9 Mei, net ses dae ná haar verdwyning, gesien.

    Hulle was albei gaste by dié hotel, maar daar is geen verbintenis tussen hulle nie.

    ’n Reuse-polisie-operasie, wat steeds op ’n kleiner skaal voortgaan, is ná die twee waarnemings begin. Pollard se getuienis is openbaar gemaak, maar die man s’n nie.

    “Die belangrikheid van die tweede waarneming is dat dit omtrent dieselfde tyd is as die een van die Noorse vrou,” het ’n bron na aan die familie gesê. Verskeie berigte dat Maddie in Europese lande, onder meer België en die Griekse eilande Kreta en Malta gesien is, is sedert haar verdwyning ontvang.

    Maddie se ouers is verdagtes in haar verdwyning. Hulle ontken enige betrokkenheid en het gesê hulle sal ’n leuenverklikkertoets aflê. – Sapa-AFP


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |