Madiba in Orania
Op 15 Augustus 1995 het Madiba Orania besoek. Dana was daar.
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dit gis oor 'Madeleine'-foto
    Sep 26 2007 09:00:10:943AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die foto van 'n meisie met 'n ligte gelaatskleur op 'n vrou se rug. Dit is deur 'n Spaanse toeris in Marokko geneem. Foto: met vergunning van Reuters.
    Verwante Berigte
  • McCanns huur voormalige SAS-lede
  • Vermiste Maddie glo in Marokko gewaar
  • McCanns glo bereid tot leuenverklikkertoets
  • 'Maddie het oordosis pille gekry'
  • Madeleine: Dagboek van 'n moeë ma
  • 'n Foto van 'n blonde meisietjie wat sowat drie weke gelede deur 'n toeris in Marokko geneem is, word tans deur kundiges bestudeer om te probeer vasstel of dit die vermiste Madeleine McCann (4) is.

    Madeleine het vier maande gelede verdwyn terwyl sy saam met haar ouers in Portugal vakansie gehou het.

    Die foto wys 'n vrou wat 'n meisietjie met 'n ligte gelaatskleur op haar rug dra in Zinat in die noorde van die land.

    Verskeie berigte is die afgelope paar dae ontvang dat iemand wat soos Madeleine lyk in Marokko gesien is.

    Die toeris wat die foto geneem het, Me. Clara Torres, sê sy het die foto eers onlangs op haar rekenaar afgelaai en toe gesien dat die meisie baie na Madeleine lyk.

    Sy het 'n afskrif van die foto aan owerhede in Spanje gegee wat dit op hul beurt weer aan Interpol oorhandig het.

    Die foto is op 'n afstand van sowat 200 meter geneem en word deur rekenaarkundiges bestudeer. 'n Afskrif is ook aan die prokureurs van Madeleine se ouers, Gerry en Kate, gegee. - Sapa-dpa

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |