Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Werker gryp Maddie glo Londen. – Die polisie ondersoek nou beweringe dat die Britse meisie Madeleine McCann ontvoer is deur ’n skoonmaker wat uit haar werk by ’n vakansie-oord in Portugal ontslaan is. Dit kom nadat ’n anonieme e-pos wat die bewering bevat, aan die webtuiste van prins Charles gestuur is. Gister was dit 150 dae sedert die vierjarige Maddie uit ’n vakansiewoonstel in Praia da Luz, Portugal, verdwyn het. Haar ouers, drs. Gerry en Kate McCann, is as verdagtes in haar verdwyning genoem. Die bewering is gemaak dat Kate dalk per ongeluk haar dood veroorsaak het, haar lyk geberg en toe later, moontlik met die hulp van haar man, daarvan ontslae geraak het. Portugese koerante het ook berig dat die polisie glo dat haar lyk in ’n yskas in een van die woonstelle gehou is voordat dit verskuif is. In die e-pos wat aan die Britse troonopvolger gestuur is, word beweer dat die skoonmaker Maddie uit wraak ontvoer het. Die e-pos is na Scotland Yard aangestuur. Die Britse polisie werk saam met sy Portugese eweknie om die leidraad op te volg, berig News of the World. Die polisie probeer nou om die informant op te spoor. Speurders het reeds vasgestel dat die genoemde skoonmaker wel bestaan. ’n Bron van die polisie het aan die koerant gesê dat daar al honderde teorieë, waarnemings en wenke oor die verdwyning van die publiek gekry is, maar dat hierdie een anders is. Dit bevat baie besonderhede en van die navrae wat deur die Portugese polisie gerig is, blyk ook op feitlike gebeure gegrond te wees. Mnr. Clarence Mitchell, woordvoerder van die Mc-Canns, het gesê enige leidraad wat enigsins geloofwaardig is, moet so gou moontlik en deeglik deur die polisie opgevolg word. Intussen word berig dat ’n Britse forensiese span in die geheim na Portugal gevlieg en onafhanklike toetse op ’n gehuurde voertuig gedoen het. DNS wat gedeeltelik met dié van die meisie ooreenstem, is in dié motor gekry wat 25 dae na haar verdwyning gehuur is. Vroeër is berig dat die McCanns onafhanklike toetse wil laat doen. Deskundiges het glo langer as nege uur in die nag die motor, wat die McCanns by ’n vriend se huis gestoor het, vir bewyse gefynkam. Die doel was om forensiese bewyse in te samel voordat die huurtermyn verstryk en die motor aan die agentskap terugbesorg word. Die Portugese polisie het glo op die motor beslag gelê om die opsporingstelsel te verwyder. Gerry McCann skryf op sy blog hulle probeer om nie te opgewonde te raak wanneer hulle inligting kry dat Madeleine moontlik iewers gewaar is nie. Hy sê hoewel hulle teleurgesteld is dat dit nie sy was wat in Marokko gesien is nie, is dit bemoedigend dat mense steeds na haar soek.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|